Die Bybel, 1 Korintiërs, Hoofstuk 5. is available here: https://www.bible.promo/chapters.php?id=11067&pid=48&tid=2&bid=70
Holy Bible project logo icon
FREE OFF-line Bible for Android Get Bible on Google Play QR Code Android Bible

Holy Bible
for Android

is a powerful Bible Reader which has possibility to download different versions of Bible to your Android device.

Bible Verses
for Android

Bible verses includes the best bible quotes in more than 35 languages

Pear Bible KJV
for Android

is an amazing mobile version of King James Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible BBE
for Android

is an amazing mobile version of Bible in Basic English that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible ASV
for Android

is an amazing mobile version of American Standard Version Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

BIBLE VERSIONS / Die Bybel / Die Nuwe Testament / 1 Korintiërs

Die Bybel

Romeine 1 Korintiërs 2 Korintiërs

Hoofstuk 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16

1 'n Mens hoor waarlik van hoerery onder julle, en hoerery van so 'n aard as wat selfs onder die heidene nie bekend is nie: dat iemand die vrou van sy vader het.

2 En tog is julle opgeblase in plaas dat julle liewer getreur het, sodat hy wat hierdie daad gedoen het, kan verwyder word onder julle uit.

3 Want wat my betref, het ek, liggaamlik afwesig maar in die gees teenwoordig, alreeds besluit asof ek teenwoordig was, om hom wat so iets gedoen het,

4 in die Naam van onse Here Jesus Christus, as julle vergader het en my gees saam met die krag van onse Here Jesus Christus--

5 om so iemand aan die Satan oor te lewer tot verderf van die vlees, sodat die gees gered kan word in die dag van die Here Jesus.

6 Julle roem is nie mooi nie. Weet julle nie dat 'n bietjie suurdeeg die hele deeg suur maak nie?

7 Suiwer dan die ou suurdeeg uit, sodat julle 'n nuwe deeg kan wees--soos julle inderdaad ongesuurd is--want ook ons paaslam is vir ons geslag, naamlik Christus.

8 Laat ons dan feesvier, nie met die ou suurdeeg of met die suurdeeg van ondeug en boosheid nie, maar met die ongesuurde brode van reinheid en waarheid.

9 Ek het julle in my brief geskrywe om nie met hoereerders om te gaan nie--

10 dit wil sê, nie die hoereerders van hierdie wêreld of die gierigaards of rowers of afgodedienaars in die algemeen nie, want dan sou julle uit die wêreld moet uitgaan--

11 maar nou skryf ek aan julle om nie om te gaan met iemand wat, al staan hy as 'n broeder bekend, 'n hoereerder is of 'n gierigaard of 'n afgodedienaar of 'n kwaadspreker of 'n dronkaard of 'n rower nie; met so iemand moet julle selfs nie saam eet nie.

12 Want waarom sou ek ook die wat buite is, oordeel? Oordeel julle nie die wat binne is nie?

13 Maar die wat buite is, oordeel God. Verwyder tog dié slegte mens onder julle uit.

<< ← Prev Top Next → >>