Die Bybel, Lukas, Hoofstuk 2. is available here: https://www.bible.promo/chapters.php?id=10975&pid=44&tid=2&bid=70
Holy Bible project logo icon
FREE OFF-line Bible for Android Get Bible on Google Play QR Code Android Bible

Holy Bible
for Android

is a powerful Bible Reader which has possibility to download different versions of Bible to your Android device.

Bible Verses
for Android

Bible verses includes the best bible quotes in more than 35 languages

Pear Bible KJV
for Android

is an amazing mobile version of King James Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible BBE
for Android

is an amazing mobile version of Bible in Basic English that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible ASV
for Android

is an amazing mobile version of American Standard Version Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

BIBLE VERSIONS / Die Bybel / Die Nuwe Testament / Lukas

Die Bybel

Markus Lukas Johannes

Hoofstuk 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24

1 En in daardie dae het daar 'n bevel uitgegaan van keiser Augustus dat die hele wêreld ingeskryf moes word.

2 Hierdie eerste inskrywing het plaasgevind toe Cirénius goewerneur van Sírië was.

3 En almal het gegaan om ingeskryf te word, elkeen na sy eie stad.

4 En Josef het ook opgegaan van Galiléa, uit die stad Násaret, na Judéa, na die stad van Dawid, wat Betlehem genoem word, omdat hy uit die huis en geslag van Dawid was,

5 om hom te laat inskrywe saam met Maria, die vrou aan wie hy hom verloof het, wat swanger was.

6 En terwyl hulle daar was, is die dae vervul dat sy moes baar;

7 en sy het haar eersgebore Seun gebaar en Hom toegedraai in doeke en Hom in die krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie.

8 En daar was herders in dieselfde landstreek, wat in die oop veld gebly en in die nag oor hulle skape wag gehou het.

9 En meteens staan daar 'n engel van die Here by hulle, en die heerlikheid van die Here het rondom hulle geskyn en groot vrees het hulle oorweldig.

Lukas 2:9 - Angel Appears to Shepherds
Angel Appears to Shepherds
10 En die engel sê vir hulle: Moenie vrees nie, want kyk, ek bring julle 'n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk sal wees,

11 dat vir julle vandag in die stad van Dawid gebore is die Saligmaker wat Christus, die Here, is.

12 En dit is vir julle die teken: julle sal 'n Kindjie vind wat in doeke toegedraai is en wat in die krip lê.

13 En skielik was daar saam met die engel 'n menigte van die hemelse leërskare wat God prys en sê:

14 Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense 'n welbehae!

15 En toe die engele van hulle weggegaan het na die hemel, sê die herders vir mekaar: Laat ons dan na Betlehem gaan en hierdie ding sien wat gebeur het, wat die Here aan ons bekend gemaak het.

16 En hulle het met haas gegaan en Maria en Josef gevind en die kindjie wat in die krip lê.

Lukas 2:16 - Jesus in the Manger
Jesus in the Manger
17 En toe hulle dit gesien het, het hulle oral die woord bekend gemaak wat aan hulle van dié Kindjie vertel is.

18 En almal wat dit gehoor het, was verwonderd oor wat deur die herders aan hulle vertel is;

Lukas 2:18 - Shepherds Tell Their Story
Shepherds Tell Their Story
19 maar Maria het al hierdie woorde bewaar en in haar hart oordink.

20 En die herders het teruggegaan en God verheerlik en geprys oor alles wat hulle gehoor en gesien het, net soos aan hulle gesê is.

21 En toe agt dae vervul was, dat hulle die Kindjie sou besny, het hulle Hom Jesus genoem, die naam wat deur die engel gegee is voor sy ontvangenis in die moederskoot.

22 En nadat die dae van haar reiniging volgens die wet van Moses vervul was, het hulle Hom na Jerusalem gebring om Hom aan die Here voor te stel,

23 soos geskrywe is in die wet van die Here: Elke manlike kind wat die moederskoot open, sal heilig vir die Here genoem word;

24 en om die offer te gee volgens wat gesê is in die wet van die Here: 'n paar tortelduiwe of twee jong duiwe.

25 En daar was 'n man in Jerusalem met die naam van Símeon; en hierdie man was regverdig en vroom en het die vertroosting van Israel verwag, en die Heilige Gees was op hom.

26 En aan hom was dit deur die Heilige Gees geopenbaar dat hy die dood nie sou sien voordat hy die Christus van die Here gesien het nie.

27 En hy het deur die Gees in die tempel gekom; en toe die ouers die Kindjie Jesus inbring om met Hom te handel volgens die gebruik van die wet,

28 het hy Hom in sy arms geneem en God geloof en gesê:

Lukas 2:28 - Simeon and Baby Jesus
Simeon and Baby Jesus
29 Nou laat U, Here, u dienskneg gaan in vrede volgens u woord,

30 omdat my oë u heil gesien het,

31 wat U berei het voor die oë van al die volke--

32 'n lig tot verligting van die nasies en tot heerlikheid van u volk Israel.

33 En Josef en sy moeder het hulle verwonder oor die dinge wat van Hom gesê is.

34 En Símeon het hulle geseën en aan Maria, sy moeder, gesê: Kyk, hierdie Kind is bestemd tot 'n val en 'n opstanding van baie in Israel en tot 'n teken wat weerspreek sal word--

35 ja, 'n swaard sal deur jou eie siel gaan--sodat die gedagtes uit baie harte openbaar kan word.

36 En daar was Anna, 'n profetes, die dogter van Fánuel, uit die stam van Aser. Sy was op baie ver gevorderde leeftyd en het van haar maagdom af sewe jaar lank met haar man saamgelewe;

37 en sy was 'n weduwee van omtrent vier en tagtig jaar. Sy het nie weggebly van die tempel nie, en met vaste en gebede God gedien, nag en dag.

38 En sy het in dieselfde uur daar gekom en die Here geprys en van Hom gespreek met almal in Jerusalem wat die verlossing verwag het.

39 En toe hulle alles volbring het wat volgens die wet van die Here was, het hulle teruggegaan na Galiléa, na hulle stad Násaret.

40 En die Kindjie het gegroei en sterk geword in die Gees en vol van wysheid. En die genade van God was op Hom.

41 En sy ouers was gewoond om elke jaar met die paasfees na Jerusalem te gaan.

42 En toe Hy twaalf jaar oud was, het hulle, volgens die gebruik van die fees, na Jerusalem opgegaan.

43 En nadat die feesdae vir hulle verby was, en terwyl hulle teruggaan, het die Kind Jesus in Jerusalem agtergebly; en Josef en sy moeder het dit nie geweet nie.

44 Maar omdat hulle gedink het dat Hy by die reisgeselskap was, het hulle 'n dagreis ver gegaan en Hom onder die familie en onder die bekendes gesoek.

45 En toe hulle Hom nie vind nie, het hulle teruggegaan na Jerusalem en Hom gesoek.

46 En ná drie dae het hulle Hom in die tempel gevind, terwyl Hy in die midde van die leraars sit en na hulle luister en hulle uitvra.

Lukas 2:46 - The Boy Jesus in the Temple
The Boy Jesus in the Temple
47 En almal wat Hom gehoor het, was verbaas oor sy verstand en sy antwoorde.

48 En toe hulle Hom sien, was hulle verslae. En sy moeder sê vir Hom: Kind, waarom het jy so met ons gemaak? Kyk, jou vader en ek het jou met angs gesoek.

49 En Hy sê vir hulle: Waarom het u My gesoek? Het u nie geweet dat Ek in die dinge van my Vader moet wees nie?

50 En hulle het die woord wat Hy aan hulle gesê het, nie verstaan nie.

51 En Hy het saam met hulle gegaan en in Násaret gekom, en Hy was hulle onderdanig. En sy moeder het al hierdie dinge in haar hart bewaar.

52 En Jesus het toegeneem in wysheid en grootte en in genade by God en die mense.

<< ← Prev Top Next → >>