Die Bybel, Nahum, Hoofstuk 2. is available here: https://www.bible.promo/chapters.php?id=10902&pid=36&tid=1&bid=70
Holy Bible project logo icon
FREE OFF-line Bible for Android Get Bible on Google Play QR Code Android Bible

Holy Bible
for Android

is a powerful Bible Reader which has possibility to download different versions of Bible to your Android device.

Bible Verses
for Android

Bible verses includes the best bible quotes in more than 35 languages

Pear Bible KJV
for Android

is an amazing mobile version of King James Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible BBE
for Android

is an amazing mobile version of Bible in Basic English that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible ASV
for Android

is an amazing mobile version of American Standard Version Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

BIBLE VERSIONS / Die Bybel / Die Ou Testament / Nahum

Die Bybel

Miga Nahum Habakuk

Hoofstuk 1 2 3

1 'n Verwoester trek teen jou op; bewaak die vesting, kyk uit langs die weg, versterk die lendene, versterk jou met alle mag!

2 Want die HERE herstel die heerlikheid van Jakob net soos die heerlikheid van Israel; want plunderaars het hulle geplunder en hulle wingerdlote verniel.

3 Die skild van sy helde is rooi geverf, die dapper manne in skarlaken gekleed, die strydwaens skitter met die glans van staal op die dag as hy hom gereedmaak, en die spiese word geswaai.

4 Langs die paaie raas die strydwaens, hulle jaag rond oor die vlaktes; hulle voorkoms is soos fakkels, soos bliksemstrale skiet hulle heen en weer.

5 Hy dink aan sy vername manne; hulle struikel in hul vaart, hulle hardloop na die muur waar die stormdak opgerig staan.

6 Die poorte van die riviere word oopgemaak, en die paleis smelt weg.

7 En dit is beslis: die stad word ontbloot, sy word weggevoer, en haar slavinne klae soos die stem van duiwe en slaan op hulle bors.

8 En Ninevé is soos 'n vywer van waters, al die dae van haar bestaan. Maar hulle loop weg! Staan tog, staan! Maar daar is niemand wat omdraai nie.

9 Roof silwer, roof goud! En onuitputlik is die voorraad, 'n rykdom van allerhande kosbare dinge!

10 Leegheid, ontlediging, vernieling! En die hart versmelt, en knieë wankel, en in al die lendene is krampe, en die aangesig van hulle almal word bleek.

11 Waar is die lêplek van die leeus, wat die voedingsplek was van die jong leeus? Waar die leeu, die leeuin, die klein leeutjie rondgeloop het sonder dat iemand hulle skrikmaak?

12 Die leeu wat vir sy kleintjies geroof en vir sy leeuinne gewurg het, wat sy gate met roof gevul het en sy lêplekke met buit.

13 Kyk, Ek het dit teen jou, spreek die HERE van die leërskare, en Ek laat jou strydwaens in rook opgaan; en die swaard sal jou jong leeus verslind, en Ek sal jou roof van die aarde verdelg; en die stem van jou gesante sal nie meer gehoor word nie.

<< ← Prev Top Next → >>