1 En Jona het tot die HERE sy God gebid uit die ingewande van die vis
2 en gesê: Uit my benoudheid het ek die HERE aangeroep, en Hy het my verhoor; uit die binneste van die doderyk het ek geroep om hulp--U het my stem gehoor.
3 U tog het my in die diepte gewerp, in die hart van die see, sodat 'n stroom my omring het; al u bare en u golwe het oor my heengegaan.
4 Toe het ek gesê: Ek is weggestoot, weg van u oë; tog sal ek weer u heilige tempel aanskou.
5 Waters het my omring tot aan die siel toe, die vloed was rondom my; seegras was om my hoof gedraai.
6 Ek het afgedaal tot by die grondslae van die berge, die grendels van die aarde het my vir altyd ingesluit; maar U het my lewe uit die kuil opgetrek, HERE my God!
7 Toe my siel in my versmag het, het ek aan die HERE gedink; en my gebed het tot by U gekom in u heilige tempel.
8 Die wat nietige afgode vereer, verlaat die Een wat vir hulle goedertieren is.
9 Ek daarenteen sal aan U offer met 'n stem van lof; wat ek beloof het, sal ek betaal. Die heil behoort aan die HERE.
10 Daarop het die HERE die vis beveel om Jona op die droë grond uit te spuug. |