Die Bybel, Jesaja, Hoofstuk 8. is available here: https://www.bible.promo/chapters.php?id=10687&pid=25&tid=1&bid=70
Holy Bible project logo icon
FREE OFF-line Bible for Android Get Bible on Google Play QR Code Android Bible

Holy Bible
for Android

is a powerful Bible Reader which has possibility to download different versions of Bible to your Android device.

Bible Verses
for Android

Bible verses includes the best bible quotes in more than 35 languages

Pear Bible KJV
for Android

is an amazing mobile version of King James Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible BBE
for Android

is an amazing mobile version of Bible in Basic English that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible ASV
for Android

is an amazing mobile version of American Standard Version Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

BIBLE VERSIONS / Die Bybel / Die Ou Testament / Jesaja

Die Bybel

Hooglied Jesaja Jeremia

Hoofstuk 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54 55 56 57 58 59 60 61 62 63 64 65 66

1 Verder het die HERE aan my gesê: Neem vir jou 'n groot tafel en skrywe daarop met 'n mensegriffel: Netnou is daar buit, gou is daar roof;

2 en Ek wil vir My vertroubare getuies neem: Uría, die priester, en Sagaría, die seun van Jeberégja.

3 En ek het na die profetes gekom, en sy het swanger geword en 'n seun gebaar; en die HERE het vir my gesê: Noem hom: Netnou is daar buit, gou is daar roof.

4 Want voordat die seuntjie kan roep: Vader! of: Moeder! sal hulle die rykdom van Damaskus en die buit van Samaría voor die koning van Assur bring.

5 Verder het die HERE nog met my gespreek en gesê:

6 Omdat hierdie volk die waters van Silóa verag wat saggies vloei, en daar vreugde is saam met Resin en die seun van Remália--

7 kyk, daarom sal die Here oor hulle laat opkom die sterk en magtige waters van die Eufraat--die koning van Assur en al sy heerlikheid--en hy sal bo al sy beddings styg en gaan oor al sy walle;

8 en hy sal in Juda indring, instroom en oorloop; tot die nek toe sal hy kom; en die uitbreidinge van sy vlerke sal u land in sy breedte vul, o Immánuel!

9 Maak geraas, o volke, en--stort inmekaar; en luister, alle ver plekke van die aarde! Gord julle en--stort inmekaar; gord julle en--stort inmekaar.

10 Neem 'n besluit, en dit sal verydel word; maak 'n afspraak, en dit sal nie tot stand kom nie; want God is met ons!

11 Want so het die HERE met my gespreek toe sy hand my oorweldig het en Hy my vermaan het om nie te wandel op die weg van hierdie volk nie, met die woorde:

12 Julle mag nie alles 'n sameswering noem wat hierdie volk 'n sameswering noem nie, en julle mag nie bevrees wees vir wat hulle vrees, of verskrik wees nie.

13 Die HERE van die leërskare--Hom moet julle heilig, en laat Hy julle vrees en Hy julle verskrikking wees!

14 Dan sal Hy vir julle 'n heiligdom wees, maar 'n klip waar 'n mens teen stamp en 'n rots waar 'n mens oor struikel, vir die twee huise van Israel, 'n vangnet en 'n strik vir die inwoners van Jerusalem.

15 En baie onder hulle sal struikel en val en verbreek en verstrik en gevang word.

16 Bind die getuienis toe, verseël die wet in die hart van my leerlinge.

17 En ek sal wag op die HERE, wat sy aangesig verberg vir die huis van Jakob, en op Hom hoop.

18 Hier is ek en die kinders wat die HERE my gegee het--tot tekens en sinnebeelde is ons in Israel, vanweë die HERE van die leërskare wat op die berg Sion woon.

19 En as hulle vir julle sê: Raadpleeg die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê, wat piep en mompel--moet 'n volk nie sy God raadpleeg nie; moet vir die lewendes die dooies gevra word?

20 Tot die wet en tot die getuienis! As hulle nie spreek volgens hierdie woord nie, is hulle 'n volk wat geen dageraad het nie.

21 Dan sal hulle deur die land trek, beswaard en honger; en as hulle honger het, sal hulle in toorn uitbreek en hulle koning en hulle God vloek; dan sal hulle na bo kyk,

22 ook die aarde aanskou, en kyk, daar sal benoudheid en duisternis wees! In jammernag en donkerheid is hulle gedrywe.

23 Want nie langer sal dit donker wees daar waar benoudheid is nie: in die eerste tyd het Hy die land Sébulon en die land Náftali in veragting gebring, en in die laaste tyd bring Hy tot eer die weg na die see, die oorkant van die Jordaan, die streek van die heidene.

<< ← Prev Top Next → >>