Die Bybel, Psalms, Hoofstuk 148. is available here: https://www.bible.promo/chapters.php?id=10626&pid=21&tid=1&bid=70
Holy Bible project logo icon
FREE OFF-line Bible for Android Get Bible on Google Play QR Code Android Bible

Holy Bible
for Android

is a powerful Bible Reader which has possibility to download different versions of Bible to your Android device.

Bible Verses
for Android

Bible verses includes the best bible quotes in more than 35 languages

Pear Bible KJV
for Android

is an amazing mobile version of King James Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible BBE
for Android

is an amazing mobile version of Bible in Basic English that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible ASV
for Android

is an amazing mobile version of American Standard Version Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

BIBLE VERSIONS / Die Bybel / Die Ou Testament / Psalms

Die Bybel

Job Psalms Spreuke

Hoofstuk 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54 55 56 57 58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71 72 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86 87 88 89 90 91 92 93 94 95 96 97 98 99 100 101 102 103 104 105 106 107 108 109 110 111 112 113 114 115 116 117 118 119 120 121 122 123 124 125 126 127 128 129 130 131 132 133 134 135 136 137 138 139 140 141 142 143 144 145 146 147 148 149 150

1 Halleluja! Loof die HERE uit die hemele; loof Hom in die hoogtes!

2 Loof Hom, al sy engele, loof Hom, al sy leërskare!

3 Loof Hom, son en maan, loof Hom, alle ligtende sterre!

4 Loof Hom, hoogste hemele en waters wat bo die hemele is!

5 Laat hulle die Naam van die HERE loof; want Hy het bevel gegee- en hulle is geskape.

6 En Hy het hulle in stand gehou vir altyd, vir ewig; Hy het 'n wet gegee wat geeneen oortree nie.

7 Loof die HERE van die aarde af- groot seediere en alle dieptes!

8 Vuur en hael, sneeu en damp, stormwind wat sy woord volbring;

9 berge en alle heuwels, vrugtebome en alle sederbome,

10 wilde diere en alle vee, kruipende diere en gevleuelde voëls;

11 konings van die aarde en alle volke, vorste en alle regters van die aarde;

12 jongelinge en ook jongedogters, oues saam met die jonges-

13 laat hulle die Naam van die HERE loof! Want sy Naam alleen is hoog; sy majesteit is oor aarde en hemel!

14 En Hy het 'n horing vir sy volk verhef: 'n roem vir al sy gunsgenote; vir die kinders van Israel, die volk wat naby Hom is. Halleluja!

<< ← Prev Top Next → >>