Die Bybel, Psalms, Hoofstuk 139. is available here: https://www.bible.promo/chapters.php?id=10617&pid=21&tid=1&bid=70
Holy Bible project logo icon
FREE OFF-line Bible for Android Get Bible on Google Play QR Code Android Bible

Holy Bible
for Android

is a powerful Bible Reader which has possibility to download different versions of Bible to your Android device.

Bible Verses
for Android

Bible verses includes the best bible quotes in more than 35 languages

Pear Bible KJV
for Android

is an amazing mobile version of King James Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible BBE
for Android

is an amazing mobile version of Bible in Basic English that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible ASV
for Android

is an amazing mobile version of American Standard Version Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

BIBLE VERSIONS / Die Bybel / Die Ou Testament / Psalms

Die Bybel

Job Psalms Spreuke

Hoofstuk 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54 55 56 57 58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71 72 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86 87 88 89 90 91 92 93 94 95 96 97 98 99 100 101 102 103 104 105 106 107 108 109 110 111 112 113 114 115 116 117 118 119 120 121 122 123 124 125 126 127 128 129 130 131 132 133 134 135 136 137 138 139 140 141 142 143 144 145 146 147 148 149 150

1 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. HERE, U deurgrond en ken my.

2 U ken my sit en my opstaan; U verstaan van ver my gedagte.

3 U deurvors my gaan en my lê, en U is met al my weë goed bekend.

4 Want daar is nog geen woord op my tong nie- of U, HERE, U ken dit geheel en al.

5 U sluit my in van agter en van voor, en U lê u hand op my.

6 Om dit te begryp, is te wonderbaar vir my, te hoog: ek kan daar nie by nie.

7 Waar sou ek heengaan van u Gees en waarheen vlug van u aangesig?

8 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar!

9 Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon,

10 ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

11 En as ek sê: Mag tog net die duisternis my oorval en die lig nag wees tot my beskutting,

12 dan is selfs die duisternis vir U nie donker nie, en die nag gee lig soos die dag, die duisternis is soos die lig.

13 Want U het my niere gevorm, my in my moeder se skoot geweef.

14 Ek loof U, omdat ek so vreeslik wonderbaar is; wonderbaar is u werke! En my siel weet dit alte goed.

15 My gebeente was vir U nie verborge toe ek in die geheim gemaak is nie, kunstig geweef in die dieptes van die aarde.

16 U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie.

17 Hoe kosbaar is dan vir my u gedagtes, o God! Hoe geweldig is hulle volle som nie!

18 Wil ek hulle tel, hulle is meer as die sand; word ek wakker, dan is ek nog by U.

19 o God, as U tog maar die goddelose wou ombring! En julle manne van bloed, gaan van my af weg!

20 Hulle wat arglistig teen U spreek, u Naam ydellik verhef- u teëstanders!

21 HERE, sou ek dié nie haat wat vir U haat, en 'n afsku hê van die wat teen U opstaan nie?

22 Ek haat hulle met 'n volkome haat; vyande is hulle vir my!

23 Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes;

24 en kyk of daar by my 'n weg is van smart, en lei my op die ewige weg!

<< ← Prev Top Next → >>