Die Bybel, Psalms, Hoofstuk 102. is available here: https://www.bible.promo/chapters.php?id=10580&pid=21&tid=1&bid=70
Holy Bible project logo icon
FREE OFF-line Bible for Android Get Bible on Google Play QR Code Android Bible

Holy Bible
for Android

is a powerful Bible Reader which has possibility to download different versions of Bible to your Android device.

Bible Verses
for Android

Bible verses includes the best bible quotes in more than 35 languages

Pear Bible KJV
for Android

is an amazing mobile version of King James Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible BBE
for Android

is an amazing mobile version of Bible in Basic English that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible ASV
for Android

is an amazing mobile version of American Standard Version Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

BIBLE VERSIONS / Die Bybel / Die Ou Testament / Psalms

Die Bybel

Job Psalms Spreuke

Hoofstuk 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54 55 56 57 58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71 72 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86 87 88 89 90 91 92 93 94 95 96 97 98 99 100 101 102 103 104 105 106 107 108 109 110 111 112 113 114 115 116 117 118 119 120 121 122 123 124 125 126 127 128 129 130 131 132 133 134 135 136 137 138 139 140 141 142 143 144 145 146 147 148 149 150

1 'n Gebed van 'n ellendige as hy beswyk en sy klagte uitstort voor die aangesig van die HERE.

2 o HERE, hoor my gebed, en laat my hulpgeroep tot by U kom!

3 Verberg u aangesig nie vir my op die dag as ek in benoudheid is nie; neig u oor tot my; op die dag as ek roep, verhoor my gou!

4 Want my dae verdwyn soos rook en my gebeente gloei soos 'n vuurherd.

5 Platgeslaan soos die plante en verdor is my hart; want ek vergeet om my brood te eet.

6 Vanweë my harde gesug kleef my gebeente aan my vlees.

7 Ek is soos 'n pelikaan van die woestyn, ek het geword soos 'n uil op die puinhope.

8 Ek is slapeloos en het geword soos 'n eensame voël op die dak.

9 Die hele dag smaad my vyande my; die wat teen my raas, gebruik my naam as 'n vloek.

10 Want ek eet as soos brood en meng my drank met trane,

11 vanweë u grimmigheid en u toorn; want U het my opgehef en my weggewerp.

12 My dae is soos 'n skaduwee wat lank geword het, en ek, soos die plante verdor ek.

13 Maar U, o HERE, U bly tot in ewigheid, en u gedenknaam van geslag tot geslag.

14 U sal opstaan, U oor Sion ontferm; want dit is tyd om hom genadig te wees, want die bestemde tyd het gekom.

15 Want u knegte het sy klippe lief en het medelyde met sy puin.

16 Dan sal die heidene die Naam van die HERE vrees en al die konings van die aarde u heerlikheid;

17 omdat die HERE Sion opgebou het, in sy heerlikheid verskyn het,

18 Hom gewend het tot die gebed van wie ontbloot is, en hulle gebed nie verag het nie.

19 Dit sal vir die volgende geslag opgeskrywe word, en die volk wat geskape gaan word, sal die HERE loof;

20 omdat Hy van sy heilige hoogte neergesien het, die HERE uit die hemel op die aarde gelet het,

21 om die gekerm van die gevangene te hoor, om los te maak die kinders van die dood;

22 sodat hulle in Sion die Naam van die HERE kan vermeld en sy lof in Jerusalem,

Psalms 102:22 - Psalmist David: Praise & Thanks
Psalmist David: Praise & Thanks
23 as die volke almal saam vergader, ook die koninkryke om die HERE te dien.

24 Hy het my krag op die weg swak gemaak, my dae verkort.

25 My God, sê ek, neem my nie weg in die helfte van my dae nie- u jare is van geslag tot geslag!

26 In die voortyd het U die aarde gegrondves, en die hemele is die werk van u hande.

27 Húlle sal vergaan, maar U sal bly; ja, hulle almal sal soos 'n kleed verslyt; U verwissel hulle soos 'n kledingstuk, en hulle verdwyn.

28 Maar U bly dieselfde, en u jare het geen einde nie.

29 Die kinders van u knegte sal woon, en hulle nageslag sal voor u aangesig bly bestaan.

<< ← Prev Top Next → >>