Die Bybel, Psalms, Hoofstuk 89. is available here: https://www.bible.promo/chapters.php?id=10567&pid=21&tid=1&bid=70
Holy Bible project logo icon
FREE OFF-line Bible for Android Get Bible on Google Play QR Code Android Bible

Holy Bible
for Android

is a powerful Bible Reader which has possibility to download different versions of Bible to your Android device.

Bible Verses
for Android

Bible verses includes the best bible quotes in more than 35 languages

Pear Bible KJV
for Android

is an amazing mobile version of King James Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible BBE
for Android

is an amazing mobile version of Bible in Basic English that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible ASV
for Android

is an amazing mobile version of American Standard Version Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

BIBLE VERSIONS / Die Bybel / Die Ou Testament / Psalms

Die Bybel

Job Psalms Spreuke

Hoofstuk 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54 55 56 57 58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71 72 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86 87 88 89 90 91 92 93 94 95 96 97 98 99 100 101 102 103 104 105 106 107 108 109 110 111 112 113 114 115 116 117 118 119 120 121 122 123 124 125 126 127 128 129 130 131 132 133 134 135 136 137 138 139 140 141 142 143 144 145 146 147 148 149 150

1 'n Onderwysing van Etan, die Esrahiet.

2 Die goedertierenhede van die HERE wil ek vir ewig besing; ek wil u trou bekend maak met my mond van geslag tot geslag.

3 Want ek het gesê: Goedertierenheid sal vir ewig gebou word; in die hemele- daar bevestig U u trou.

4 Ek het 'n verbond gesluit met my uitverkorene, met 'n eed aan Dawid, my kneg, belowe:

5 Tot in ewigheid sal Ek jou nageslag bevestig en jou troon opbou van geslag tot geslag. Sela.

6 En die hemele loof u wondermag, o HERE, ook u trou in die vergadering van die heiliges.

7 Want wie kan in die hemel met die HERE vergelyk word? Wie is soos die HERE onder die hemelinge,

8 'n God grootliks gedug in die raad van die heiliges en vreeslik bo almal wat rondom Hom is?

9 o HERE, God van die leërskare, wie is soos U? Grootmagtig is U, o HERE, en u trou is rondom U!

10 U heers oor die trotsheid van die see; as sy golwe hulle verhef, bring U hulle tot bedaring.

11 U het Rahab verbrysel soos een wat verslaan is, met u sterke arm u vyande verstrooi.

12 Aan U behoort die hemel, aan U ook die aarde; die wêreld en sy volheid- U het dit gegrond.

13 Die noorde en die suide- U het dit geskape; Tabor en Hermon jubel in u Naam.

14 U het 'n arm met mag; u hand is sterk, u regterhand verhewe.

15 Geregtigheid en reg is die grondslag van u troon; goedertierenheid en trou gaan voor u aangesig uit.

16 Welgeluksalig is die volk wat die geklank ken; o HERE, hulle wandel in die lig van u aangesig.

17 In u Naam juig hulle die hele dag, en deur u geregtigheid word hulle verhef.

18 Want U is hulle magtige sieraad, en deur u welbehae word ons horing verhef.

19 Want aan die HERE behoort ons skild, en ons koning aan die Heilige van Israel.

20 Toe het U in 'n gesig gespreek met u gunsgenoot en gesê: Ek het hulp verleen aan 'n held, 'n uitverkorene uit die volk verhef.

21 Ek het Dawid, my kneg, gevind, met my heilige olie hom gesalf,

22 met wie my hand bestendig sal wees; ook sal my arm hom versterk.

23 Die vyand sal hom nie oorval en die kwaaddoener hom nie verdruk nie;

24 maar Ek sal sy teëstanders voor hom weg verpletter; en die wat hom haat, sal Ek verslaan.

25 En my trou en my goedertierenheid sal met hom wees, en deur my Naam sal sy horing verhef word.

26 En Ek sal sy hand lê op die see en sy regterhand op die riviere.

27 Hy is dit wat My sal noem: U is my Vader, my God en die rots van my heil!

28 Ja, Ék sal hom 'n eersgeborene maak, die hoogste onder die konings van die aarde.

29 Vir ewig sal Ek my goedertierenheid vir hom bewaar, en my verbond bly vir hom vas.

30 En Ek sal sy nageslag vir ewig laat duur en sy troon soos die dae van die hemel.

31 As sy kinders my wet verlaat en in my regte nie wandel nie;

32 as hulle my insettinge ontheilig en my gebooie nie hou nie,

33 dan sal Ek hulle oortreding met die roede besoek en met plae hulle ongeregtigheid.

34 Maar my goedertierenheid sal Ek van hom nie wegneem en my trou nie verbreek nie.

35 Ek sal my verbond nie ontheilig nie, en wat oor my lippe gegaan het, sal Ek nie verander nie.

36 Een maal het Ek gesweer by my heiligheid: Waarlik, Ek sal vir Dawid nie lieg nie!

37 Sy nageslag sal vir ewig wees en sy troon soos die son voor My.

38 Soos die maan sal hy vir ewig vasstaan, en die getuie in die hemel is getrou. Sela.

39 Maar U het self verstoot en verag, U het toornig geword teen u gesalfde.

40 U het die verbond van u kneg tot niet gemaak, U het sy kroon ontheilig teen die grond.

41 U het al sy mure stukkend gebreek, sy vestings 'n puinhoop gemaak.

42 Almal wat met die pad verbygaan, het hom beroof; vir sy bure het hy 'n smaad geword.

43 U het die regterhand van sy teëstanders verhef, al sy vyande bly gemaak.

44 Ook het U die skerpte van sy swaard laat omdraai en hom nie laat standhou in die geveg nie.

45 U het aan hom sy glans onttrek en sy troon teen die grond neergewerp.

46 U het die dae van sy jeug verkort, hom met skaamte oordek. Sela.

47 Hoe lank sal U, o HERE, Uself vir altyd verberg, sal u grimmigheid brand soos 'n vuur?

48 Gedenk van watter lewensduur ek is, tot watter nietigheid U al die mensekinders geskape het!

49 Watter mens leef daar wat die dood nie sal sien nie, wat sy siel sal kan red uit die mag van die doderyk? Sela.

50 Here, waar is u vorige goedertierenhede wat U aan Dawid met 'n eed beloof het in u trou?

51 Gedenk, Here, die smaad van u knegte, hoe ek in my boesem dra die smaad van al die baie volke,

52 waarmee u vyande, o HERE, smaad, waarmee hulle die voetstappe van u gesalfde smaad.

53 Geloofd sy die HERE vir ewig! Amen, ja amen.

<< ← Prev Top Next → >>