Die Bybel, Psalms, Hoofstuk 88. is available here: https://www.bible.promo/chapters.php?id=10566&pid=21&tid=1&bid=70
Holy Bible project logo icon
FREE OFF-line Bible for Android Get Bible on Google Play QR Code Android Bible

Holy Bible
for Android

is a powerful Bible Reader which has possibility to download different versions of Bible to your Android device.

Bible Verses
for Android

Bible verses includes the best bible quotes in more than 35 languages

Pear Bible KJV
for Android

is an amazing mobile version of King James Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible BBE
for Android

is an amazing mobile version of Bible in Basic English that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible ASV
for Android

is an amazing mobile version of American Standard Version Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

BIBLE VERSIONS / Die Bybel / Die Ou Testament / Psalms

Die Bybel

Job Psalms Spreuke

Hoofstuk 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54 55 56 57 58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71 72 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86 87 88 89 90 91 92 93 94 95 96 97 98 99 100 101 102 103 104 105 106 107 108 109 110 111 112 113 114 115 116 117 118 119 120 121 122 123 124 125 126 127 128 129 130 131 132 133 134 135 136 137 138 139 140 141 142 143 144 145 146 147 148 149 150

1 'n Lied, 'n Psalm van die kinders van Korag, Vir die musiekleier; op die wysie van: "Máhalat leannot." 'n Onderwysing van Heman, die Esrahiet.

2 HERE, God van my heil, bedags roep ek, in die nag is dit voor U.

3 Laat my gebed voor u aangesig kom, neig u oor tot my smeking.

4 Want my siel is sat van teëspoede, en my lewe raak aan die doderyk.

5 Ek word gereken by die wat in die kuil neerdaal; ek het geword soos 'n man sonder krag,

6 vrygelaat onder die dooies, soos die wat verslaan is, wat in die graf lê, aan wie U nie meer dink nie, en wat afgesny is van u hand.

7 U het my gesit in die kuil diep daaronder, in duisternisse, in dieptes.

8 U grimmigheid rus op my, en U druk my neer met al u golwe. Sela.

9 U het my bekendes ver van my verwyder, my iets afskuweliks gemaak vir hulle; ek is ingesluit en kan nie uitkom nie.

10 My oog vergaan van ellende. HERE, ek roep U aan die hele dag deur, ek brei my hande na U uit.

11 Kan U aan die dooies 'n wonder doen? Of kan skimme opstaan, kan hulle U loof? Sela.

12 Kan u goedertierenheid vertel word in die graf, u trou in die plek van vertering?

13 Kan u wondermag in die duisternis bekend word en u geregtigheid in die land van vergetelheid?

14 Maar ék, HERE, roep U aan om hulp, en in die môre kom my gebed U tegemoet.

15 HERE, waarom verstoot U my siel, verberg U u aangesig vir my?

16 Van jongs af is ek ellendig en klaar om te sterwe; ek dra u verskrikkinge, ek is radeloos.

17 U toorngloed het oor my gegaan; u verskrikkinge vernietig my;

18 die hele dag omring hulle my soos water, saam omsingel hulle my.

19 U het vriend en metgesel ver van my verwyder; my bekendes is duisternis.

<< ← Prev Top Next → >>