Die Bybel, Psalms, Hoofstuk 80. is available here: https://www.bible.promo/chapters.php?id=10558&pid=21&tid=1&bid=70
Holy Bible project logo icon
FREE OFF-line Bible for Android Get Bible on Google Play QR Code Android Bible

Holy Bible
for Android

is a powerful Bible Reader which has possibility to download different versions of Bible to your Android device.

Bible Verses
for Android

Bible verses includes the best bible quotes in more than 35 languages

Pear Bible KJV
for Android

is an amazing mobile version of King James Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible BBE
for Android

is an amazing mobile version of Bible in Basic English that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible ASV
for Android

is an amazing mobile version of American Standard Version Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

BIBLE VERSIONS / Die Bybel / Die Ou Testament / Psalms

Die Bybel

Job Psalms Spreuke

Hoofstuk 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54 55 56 57 58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71 72 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86 87 88 89 90 91 92 93 94 95 96 97 98 99 100 101 102 103 104 105 106 107 108 109 110 111 112 113 114 115 116 117 118 119 120 121 122 123 124 125 126 127 128 129 130 131 132 133 134 135 136 137 138 139 140 141 142 143 144 145 146 147 148 149 150

1 Vir die musiekleier; op die wysie van: "Lelies". 'n Getuienis. Van Asaf. 'n Psalm.

2 o Herder van Israel, hoor tog; U wat Josef soos skape lei, wat bo-oor die gérubs troon, verskyn in ligglans!

3 Wek u mag op voor Efraim en Benjamin en Manasse, en kom ons te hulp!

4 o God, herstel ons, en laat u aangesig skyn, sodat ons verlos kan word!

5 o HERE, God van die leërskare, hoe lank nog rook u toorn by die gebed van u volk?

6 U het hulle tranebrood laat eet, hulle oorvloedig trane laat drink.

7 U het ons 'n voorwerp van stryd gemaak vir ons bure, en ons vyande drywe die spot.

8 o God van die leërskare, herstel ons, en laat u aangesig skyn, sodat ons verlos kan word!

9 'n Wingerdstok het U uitgetrek uit Egipte; U het die nasies uitgedrywe en hom geplant.

10 U het voor hom plek gemaak, en hy het wortels geskiet en die land vervul.

11 Die berge was oordek met sy skaduwee, en met sy ranke die seders van God.

12 Hy het sy ranke uitgebrei tot by die see en sy lote na die Rivier toe.

13 Waarom het U sy mure stukkend gebreek, sodat almal wat met die pad verbygaan, hom kaalpluk?

14 Die wildevark uit die bos eet hom op, en wat roer op die veld, wei hom af.

15 o God van die leërskare, kom tog terug; aanskou uit die hemel en kyk, en gee ag op hierdie wingerdstok;

16 en wees 'n beskerming vir wat u regterhand geplant het, en oor die seun wat U vir Uself grootgemaak het.

17 Hy is met vuur verbrand, hy is afgekap; vanweë die dreiging van u aangesig kom hulle om.

18 Laat u hand wees oor die man van u regterhand, oor die menseseun wat U vir Uself grootgemaak het.

19 Dan sal ons nie van U afwyk nie; hou ons in die lewe, dan sal ons u Naam aanroep.

20 o HERE, God van die leërskare, herstel ons; laat u aangesig skyn, sodat ons verlos kan word!

<< ← Prev Top Next → >>