Die Bybel, Psalms, Hoofstuk 77. is available here: https://www.bible.promo/chapters.php?id=10555&pid=21&tid=1&bid=70
Holy Bible project logo icon
FREE OFF-line Bible for Android Get Bible on Google Play QR Code Android Bible

Holy Bible
for Android

is a powerful Bible Reader which has possibility to download different versions of Bible to your Android device.

Bible Verses
for Android

Bible verses includes the best bible quotes in more than 35 languages

Pear Bible KJV
for Android

is an amazing mobile version of King James Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible BBE
for Android

is an amazing mobile version of Bible in Basic English that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible ASV
for Android

is an amazing mobile version of American Standard Version Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

BIBLE VERSIONS / Die Bybel / Die Ou Testament / Psalms

Die Bybel

Job Psalms Spreuke

Hoofstuk 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54 55 56 57 58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71 72 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86 87 88 89 90 91 92 93 94 95 96 97 98 99 100 101 102 103 104 105 106 107 108 109 110 111 112 113 114 115 116 117 118 119 120 121 122 123 124 125 126 127 128 129 130 131 132 133 134 135 136 137 138 139 140 141 142 143 144 145 146 147 148 149 150

1 Vir die musiekleier; op die wysie van: "Jedútun." 'n Psalm van Asaf.

2 My stem is tot God en ek roep; my stem is tot God, dat Hy na my kan luister.

3 Op die dag van my benoudheid soek ek die HERE; snags bly my hand uitgestrek sonder om moeg te word; my siel weier om getroos te word.

4 As ek aan God dink, moet ek steun; peins ek, dan versmag my gees. Sela.

5 U hou my ooglede oop; ek is onrustig en kan nie spreek nie.

6 Ek dink oor die dae van die voortyd, oor die ou, ou jare.

7 Ek wil dink aan my snarespel in die nag, wil peins met my hart, en my gees deurvors:

8 Sal die Here vir altyd verstoot en verder nie meer goedgunstig wees nie?

9 Hou sy goedertierenheid vir altyd op? Is dit met die belofte gedaan van geslag tot geslag?

10 Het God vergeet om genadig te wees? Of het Hy in toorn sy barmhartighede toegesluit? Sela.

11 Toe het ek gesê: Dit is my grootste bekommernis dat die regterhand van die Allerhoogste verander!

12 Ek dink aan die dade van die HERE; ja, ek wil dink aan u wonders uit die voortyd

13 en al u werk oordink, en ek wil peins oor u dade.

14 o God, u weg is in heiligheid. Wie is 'n groot God soos God?

15 U is die God wat wonders doen; U het u sterkte onder die volke bekend gemaak.

16 U het u volk met 'n sterk arm verlos, die kinders van Jakob en van Josef. Sela.

17 Die waters het U gesien, o God, die waters het U gesien, hulle het gebewe; ja, die watervloede het gesidder.

18 Die wolke het water uitgegiet,die hemele het donder laat hoor, ook het u pyle rondgevlieg.

19 U rollende donder het weerklink;bliksems het die wêreld verlig;die aarde het gesidder en gebewe.

20 U weg was in die see en u paaie in groot waters, en u spore was nie te beken nie.

21 U het u volk soos skape gelei deur die hand van Moses en Aäron.

<< ← Prev Top Next → >>