Die Bybel, Psalms, Hoofstuk 74. is available here: https://www.bible.promo/chapters.php?id=10552&pid=21&tid=1&bid=70
Holy Bible project logo icon
FREE OFF-line Bible for Android Get Bible on Google Play QR Code Android Bible

Holy Bible
for Android

is a powerful Bible Reader which has possibility to download different versions of Bible to your Android device.

Bible Verses
for Android

Bible verses includes the best bible quotes in more than 35 languages

Pear Bible KJV
for Android

is an amazing mobile version of King James Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible BBE
for Android

is an amazing mobile version of Bible in Basic English that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible ASV
for Android

is an amazing mobile version of American Standard Version Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

BIBLE VERSIONS / Die Bybel / Die Ou Testament / Psalms

Die Bybel

Job Psalms Spreuke

Hoofstuk 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54 55 56 57 58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71 72 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86 87 88 89 90 91 92 93 94 95 96 97 98 99 100 101 102 103 104 105 106 107 108 109 110 111 112 113 114 115 116 117 118 119 120 121 122 123 124 125 126 127 128 129 130 131 132 133 134 135 136 137 138 139 140 141 142 143 144 145 146 147 148 149 150

1 'n Onderwysing van Asaf. o God, waarom het U vir altyd verstoot? Waarom rook u toorn teen die skape van u weide?

2 Dink aan u vergadering wat U in die voortyd verwerf het, wat U verlos het om die stam van u erfdeel te wees, aan die berg Sion waar U op gewoon het.

3 Hef u voete op na die ewige puinhope: alles het die vyand in die heiligdom verniel.

4 U teëstanders het binne-in u vergaderplek gebrul; hulle het hul tekens as tekens gestel.

5 Dit lyk soos wanneer iemand byle omhoog hef in 'n digte plek bome.

6 En nou- die houtsnywerk daarvan het hulle alles met byl en hamers stukkend geslaan.

7 Hulle het u heiligdom aan die brand gesteek; tot die grond toe het hulle die woonplek van u Naam ontheilig.

8 Hulle het in hul hart gesê: Laat ons hulle almal saam onderdruk! Hulle het al die vergaderplekke van God in die land verbrand.

9 Ons sien nie ons tekens nie; daar is geen profeet meer nie, en by ons is daar niemand wat weet hoe lank nie.

10 Hoe lank, o God, sal die teëstander smaad aandoen, sal die vyand u Naam vir altyd verag?

11 Waarom trek U u hand, ja, u regterhand, terug? Trek dit uit u boesem! Vernietig!

12 Nogtans is God my Koning van die voortyd af, wat verlossinge werk op die aarde.

13 U het deur u sterkte die see geklief; U het die koppe van die seemonsters op die waters verbreek.

14 U het die koppe van die Leviátan verbrysel; U het hom gegee as voedsel vir 'n volk- vir woestyndiere.

15 U het fontein en stroom oopgeslaan; U het standhoudende riviere laat opdroog.

16 Aan U behoort die dag, aan U behoort ook die nag; U het hemelligte en son vasgestel.

17 U het al die grense van die aarde bepaal; somer en winter, U het hulle geformeer.

18 Dink hieraan: Die vyand het die HERE gesmaad, en 'n dwase volk het u Naam verag.

19 Gee aan die wilde diere die siel van u tortelduif nie oor nie; vergeet nie vir altyd die lewe van u ellendiges nie.

20 Aanskou die verbond, want die donker plekke van die land is vol wonings van geweld.

21 Laat die verdrukte nie beskaamd terugkom nie; laat die ellendige en behoeftige u Naam prys.

22 Staan op, o God, verdedig u saak; dink aan die smaad wat U die hele dag aangedoen word deur 'n dwaas.

23 Vergeet nie die geroep van u teëstanders nie- die rumoer van u opstandige vyande, wat altyddeur opgaan!

<< ← Prev Top Next → >>