Die Bybel, Psalms, Hoofstuk 69. is available here: https://www.bible.promo/chapters.php?id=10547&pid=21&tid=1&bid=70
Holy Bible project logo icon
FREE OFF-line Bible for Android Get Bible on Google Play QR Code Android Bible

Holy Bible
for Android

is a powerful Bible Reader which has possibility to download different versions of Bible to your Android device.

Bible Verses
for Android

Bible verses includes the best bible quotes in more than 35 languages

Pear Bible KJV
for Android

is an amazing mobile version of King James Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible BBE
for Android

is an amazing mobile version of Bible in Basic English that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible ASV
for Android

is an amazing mobile version of American Standard Version Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

BIBLE VERSIONS / Die Bybel / Die Ou Testament / Psalms

Die Bybel

Job Psalms Spreuke

Hoofstuk 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54 55 56 57 58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71 72 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86 87 88 89 90 91 92 93 94 95 96 97 98 99 100 101 102 103 104 105 106 107 108 109 110 111 112 113 114 115 116 117 118 119 120 121 122 123 124 125 126 127 128 129 130 131 132 133 134 135 136 137 138 139 140 141 142 143 144 145 146 147 148 149 150

1 Vir die musiekleier; op die wysie van: "Lelies." 'n Psalm van Dawid.

2 Verlos my, o God, want die waters het tot by die siel gekom.

3 Ek sink in grondelose modder waar geen staanplek is nie; ek het in waterdieptes gekom, en die stroom loop oor my.

4 Ek is moeg van my geroep, my keel brand, my oë versmag terwyl ek wag op my God.

5 Die wat my sonder oorsaak haat, is meer as die hare van my hoof; die wat klaar staan om my te vernietig, wat sonder grond my vyande is, is magtig; wat ek nie geroof het nie, moet ek dan teruggee.

6 o God, U weet van my dwaasheid, en my skuldige dade is vir U nie verborge nie.

7 Laat die wat u verwag, deur my nie beskaamd staan nie, o Here, HERE van die leërskare! Laat die wat U soek, deur my nie in die skande kom nie, o God van Israel!

8 Want om U ontwil dra ek smaad, bedek skande my aangesig.

9 Vreemd het ek vir my broers geword en 'n onbekende vir die seuns van my moeder.

10 Want die ywer vir u huis het my verteer, en die smaadhede van die wat U smaad, het op my geval.

11 Wat my aangaan, my siel het geween met vas; maar dit het smaadhede vir my geword.

12 Ek het ook 'n rougewaad my kleding gemaak en vir hulle 'n spreekwoord geword.

13 Die wat in die poort sit, praat van my- ook die spotlied van die wat sterk drank drink.

14 Maar ek- my gebed is tot U, o HERE: in die tyd van genade, o God, verhoor my deur die grootheid van u goedertierenheid, deur die trou van u heil!

15 Red my uit die modder en laat my nie sink nie; laat my gered word van my haters en uit waterdieptes.

16 Laat die waterstroom nie oor my loop en die diepte my nie verslind nie, en laat die put sy mond bo my nie toesluit nie!

17 Verhoor my, o HERE, want u goedertierenheid is goed; wend U tot my na die grootheid van u barmhartighede.

18 En verberg u aangesig nie vir u kneg nie; want ek is benoud. Verhoor my dan gou!

19 Kom nader na my siel, verlos dit; bevry my om my vyande ontwil.

20 U ken my smaad en my beskaming en my skande; al my teëstanders is voor U.

21 Die smaad breek my hart, en ek is verswak; ja, ek het gewag op medelyde, maar verniet; en op vertroosters, maar het hulle nie gevind nie.

22 En hulle het aan my gal gegee as my spys, en vir my dors het hulle my asyn laat drink.

23 Laat hul tafel voor hulle 'n vangnet wees en vir hulle wat sorgeloos is, 'n strik.

24 Laat hulle oë duister word, sodat hulle nie sien nie; en maak dat hulle heupe altyddeur wankel.

25 Stort oor hulle u grimmigheid uit, en laat u toorngloed hulle inhaal.

26 Laat hulle laer woes word, laat in hulle tente geen bewoner wees nie.

27 Want hulle vervolg hom wat deur U swaar getref is, en vertel van die smart van u gewondes.

28 Voeg skuld by hulle skuld, en laat hulle nie in u geregtigheid kom nie.

29 Laat hulle uitgedelg word uit die boek van die lewe en nie saam met die regverdiges opgeskrywe word nie.

30 Maar ek is ellendig en in pyn: laat u hulp, o God, my beskerm!

31 Ek wil die Naam van God prys met 'n lied en Hom groot maak met danksegging;

32 en dit sal die HERE welgevalliger wees as beeste, as stiere wat horings en gesplitste kloue het.

33 As die ootmoediges dit sien, sal hulle bly wees; julle wat na God soek, laat julle hart lewe!

34 Want die HERE luister na die behoeftiges en verag sy gevangenes nie.

35 Laat hemel en aarde Hom prys, die see en alles wat daarin roer.

36 Want God sal Sion verlos en die stede van Juda bou; en daar sal hulle woon en dit besit.

37 En die nageslag van sy knegte sal dit beërwe, en die liefhebbers van sy Naam sal daarin woon.

<< ← Prev Top Next → >>