Die Bybel, Psalms, Hoofstuk 44. is available here: https://www.bible.promo/chapters.php?id=10522&pid=21&tid=1&bid=70
Holy Bible project logo icon
FREE OFF-line Bible for Android Get Bible on Google Play QR Code Android Bible

Holy Bible
for Android

is a powerful Bible Reader which has possibility to download different versions of Bible to your Android device.

Bible Verses
for Android

Bible verses includes the best bible quotes in more than 35 languages

Pear Bible KJV
for Android

is an amazing mobile version of King James Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible BBE
for Android

is an amazing mobile version of Bible in Basic English that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible ASV
for Android

is an amazing mobile version of American Standard Version Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

BIBLE VERSIONS / Die Bybel / Die Ou Testament / Psalms

Die Bybel

Job Psalms Spreuke

Hoofstuk 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54 55 56 57 58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71 72 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86 87 88 89 90 91 92 93 94 95 96 97 98 99 100 101 102 103 104 105 106 107 108 109 110 111 112 113 114 115 116 117 118 119 120 121 122 123 124 125 126 127 128 129 130 131 132 133 134 135 136 137 138 139 140 141 142 143 144 145 146 147 148 149 150

1 Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. 'n Onderwysing.

2 o God, met ons ore het ons dit gehoor, ons vaders het ons dit vertel: 'n werk het U gedoen in hulle dae, in die dae van die voortyd.

3 U self het met u hand nasies verdrywe, maar húlle geplant; U het volke kwaad aangedoen, hulle daarenteen laat uitspruit.

4 Want hulle het die land nie deur hul swaard in besit geneem nie, en hul arm het hulle nie die oorwinning gegee nie, maar u regterhand en u arm en die lig van u aangesig, omdat U 'n welbehae in hulle gehad het.

5 U self is my Koning, o God! Gebied die oorwinninge van Jakob.

6 Deur U sal ons ons teëstanders omstoot; in u Naam sal ons hulle vertrap wat teen ons opstaan.

7 Want ek vertrou nie op my boog nie, en my swaard sal my die oorwinning nie gee nie;

8 maar U het ons verlos van ons teëstanders en ons haters beskaamd gemaak.

9 In God roem ons die hele dag, en u Naam sal ons loof tot in ewigheid. Sela.

10 En tog het U ons verstoot en tot skande gemaak, en U trek nie saam met ons leërs uit nie.

11 U laat ons agteruitwyk vir die teëstander, en ons haters plunder na hartelus.

12 U gee ons oor soos slagvee, en U het ons onder die nasies verstrooi.

13 U verkoop u volk vir niks en het nie baie verdien deur hulle koopprys nie.

14 U maak ons 'n smaad vir ons bure, 'n spot en beskimping vir die wat rondom ons is.

15 U maak ons 'n spreekwoord onder die nasies, 'n hoofskudding onder die volke.

16 My skande is die hele dag voor my, en die skaamte van my aangesig oordek my;

17 weens die stem van die smader en lasteraar, weens die blik van die vyand en wraakgierige.

18 Dit alles het oor ons gekom, en tog het ons U nie vergeet en nie bedrieglik gehandel teen u verbond nie.

19 Ons hart het nie agteruitgewyk nie, en ons gange het van u pad nie afgebuig nie,

20 alhoewel U ons verbrysel het in 'n plek van jakkalse en ons met 'n doodskaduwee oordek.

21 As ons die Naam van onse God vergeet het en ons hande uitgebrei het na 'n vreemde god-

22 sou God dit nie naspeur nie? Want Hy ken die geheime van die hart.

23 Maar om U ontwil word ons die hele dag gedood; ons word gereken as slagskape.

24 Ontwaak! Waarom slaap U, Here? Word tog wakker! Verstoot nie vir ewig nie!

25 Waarom verberg U u aangesig, vergeet U ons ellende en ons verdrukking?

26 Want ons siel is in die stof neergebuig; ons buik kleef aan die aarde.

27 Staan op tot ons hulp en verlos ons om u goedertierenheid ontwil!

<< ← Prev Top Next → >>