Die Bybel, Psalms, Hoofstuk 31. is available here: https://www.bible.promo/chapters.php?id=10509&pid=21&tid=1&bid=70
Holy Bible project logo icon
FREE OFF-line Bible for Android Get Bible on Google Play QR Code Android Bible

Holy Bible
for Android

is a powerful Bible Reader which has possibility to download different versions of Bible to your Android device.

Bible Verses
for Android

Bible verses includes the best bible quotes in more than 35 languages

Pear Bible KJV
for Android

is an amazing mobile version of King James Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible BBE
for Android

is an amazing mobile version of Bible in Basic English that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible ASV
for Android

is an amazing mobile version of American Standard Version Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

BIBLE VERSIONS / Die Bybel / Die Ou Testament / Psalms

Die Bybel

Job Psalms Spreuke

Hoofstuk 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54 55 56 57 58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71 72 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86 87 88 89 90 91 92 93 94 95 96 97 98 99 100 101 102 103 104 105 106 107 108 109 110 111 112 113 114 115 116 117 118 119 120 121 122 123 124 125 126 127 128 129 130 131 132 133 134 135 136 137 138 139 140 141 142 143 144 145 146 147 148 149 150

1 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid.

2 By U, o HERE, skuil ek; laat my nooit beskaamd staan nie. Bevry my deur u geregtigheid.

3 Neig u oor tot my, red my gou; wees vir my 'n rots om in te vlug, 'n baie vaste huis om my te verlos.

4 Want U is my rots en my bergvesting; en om u Naam ontwil sal U my lei en my bestuur.

5 U sal my laat uitgaan uit die net wat hulle vir my gespan het, want U is my toevlug.

6 In u hand gee ek my gees oor; U het my verlos, HERE, God van trou.

7 Ek haat die wat nietige afgode vereer, maar ék vertrou op die HERE.

8 Ek wil juig en bly wees in u goedertierenheid, omdat U my ellende aangesien, my siel in die benoudhede geken het

9 en my nie oorgelewer het in die hand van die vyand nie; U het my voete op vrye grond laat staan.

10 Wees my genadig, HERE, want ek is benoud; van verdriet het my oog mat geword, my siel en my liggaam.

11 Want my lewe kwyn weg van kommer en my jare van gesug; my krag struikel deur my ongeregtigheid, en my gebeente teer uit.

12 Vanweë al my teëstanders het ek 'n voorwerp van smaad geword, ja, grootliks vir my bure, en 'n voorwerp van skrik vir my bekendes; die wat my op straat sien, vlug weg van my af.

13 Ek is vergeet uit die hart, soos 'n dooie; ek het geword soos 'n ding wat lê en vergaan.

14 Want ek het die skindertaal van baie gehoor- skrik rondom! - terwyl hulle saam raad hou teen my; hulle is van plan om my lewe te neem.

15 Maar ék vertrou op U, o HERE! Ek sê: U is my God.

16 My tye is in u hand; red my uit die hand van my vyande en van my vervolgers.

17 Laat u aangesig skyn oor u kneg, verlos my deur u goedertierenheid.

18 HERE, laat my nie beskaamd staan nie, want ek roep U aan; laat die goddelose beskaamd staan, laat hulle verstom in die doderyk!

19 Laat die valse lippe stom word wat in trotsheid en veragting onbeskaamd spreek teen die regverdige.

20 o, Hoe groot is u goedheid wat U weggelê het vir die wat U vrees, wat U uitgewerk het vir die wat by U skuil, in teenwoordigheid van die mensekinders!

21 U verberg hulle in die skuilplek van u aangesig vir die samesweringe van mense; U steek hulle weg in 'n hut vir die twis van die tonge.

22 Geloofd sy die HERE, want Hy het sy goedertierenheid aan my wonderbaar gemaak, in 'n vaste stad.

23 Ek tog het in my angs gesê: Ek het verdwyn, weg van u oë; nogtans het U die stem van my smekinge gehoor toe ek U aangeroep het om hulp.

24 Julle moet die HERE liefhê, al sy gunsgenote! Die HERE bewaar die getroues en vergeld hom oorvloedig wat trots handel.

25 Wees sterk, en laat julle hart sterk wees, almal wat op die HERE wag!

<< ← Prev Top Next → >>