Die Bybel, Psalms, Hoofstuk 30. is available here: https://www.bible.promo/chapters.php?id=10508&pid=21&tid=1&bid=70
Holy Bible project logo icon
FREE OFF-line Bible for Android Get Bible on Google Play QR Code Android Bible

Holy Bible
for Android

is a powerful Bible Reader which has possibility to download different versions of Bible to your Android device.

Bible Verses
for Android

Bible verses includes the best bible quotes in more than 35 languages

Pear Bible KJV
for Android

is an amazing mobile version of King James Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible BBE
for Android

is an amazing mobile version of Bible in Basic English that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible ASV
for Android

is an amazing mobile version of American Standard Version Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

BIBLE VERSIONS / Die Bybel / Die Ou Testament / Psalms

Die Bybel

Job Psalms Spreuke

Hoofstuk 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54 55 56 57 58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71 72 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86 87 88 89 90 91 92 93 94 95 96 97 98 99 100 101 102 103 104 105 106 107 108 109 110 111 112 113 114 115 116 117 118 119 120 121 122 123 124 125 126 127 128 129 130 131 132 133 134 135 136 137 138 139 140 141 142 143 144 145 146 147 148 149 150

1 'n Psalm, 'n lied by die inwyding van die Huis. Van Dawid.

2 Ek sal U verhoog, HERE, want U het my opgetrek en my vyande oor my nie laat bly wees nie.

3 HERE, my God, ek het U aangeroep om hulp, en U het my gesond gemaak.

4 HERE, U het my siel uit die doderyk laat opkom; U het my lewend gemaak uit die wat in die kuil neerdaal.

5 Psalmsing tot eer van die HERE, o sy gunsgenote, en loof sy heilige gedenknaam;

6 want 'n oomblik is daar in sy toorn, 'n lewe in sy goedgunstigheid; saans vernag die geween, maar smôrens is daar gejuig.

7 Ek het wel in my sorgeloosheid gesê: Ek sal vir ewig nie wankel nie.

8 HERE, U het my berg deur u welbehae sterk laat staan. U het u aangesig verberg- ek het verskrik geword!

9 Ek het U aangeroep, HERE, en ek het die HERE gesmeek:

10 Watter voordeel is daar in my bloed as ek neerdaal in die kuil? Sal die stof U loof? Sal dit u trou verkondig?

11 Hoor, HERE, en wees my genadig! HERE, wees my 'n helper!

12 U het my weeklag vir my verander in 'n koordans, U het my roukleed losgemaak en my met vreugde omgord;

13 sodat my eer U kan besing en nie swyg nie. HERE, my God, vir ewig sal ek U loof.

<< ← Prev Top Next → >>