Die Bybel, Psalms, Hoofstuk 18. is available here: https://www.bible.promo/chapters.php?id=10496&pid=21&tid=1&bid=70
Holy Bible project logo icon
FREE OFF-line Bible for Android Get Bible on Google Play QR Code Android Bible

Holy Bible
for Android

is a powerful Bible Reader which has possibility to download different versions of Bible to your Android device.

Bible Verses
for Android

Bible verses includes the best bible quotes in more than 35 languages

Pear Bible KJV
for Android

is an amazing mobile version of King James Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible BBE
for Android

is an amazing mobile version of Bible in Basic English that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible ASV
for Android

is an amazing mobile version of American Standard Version Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

BIBLE VERSIONS / Die Bybel / Die Ou Testament / Psalms

Die Bybel

Job Psalms Spreuke

Hoofstuk 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54 55 56 57 58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71 72 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86 87 88 89 90 91 92 93 94 95 96 97 98 99 100 101 102 103 104 105 106 107 108 109 110 111 112 113 114 115 116 117 118 119 120 121 122 123 124 125 126 127 128 129 130 131 132 133 134 135 136 137 138 139 140 141 142 143 144 145 146 147 148 149 150

1 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid, die kneg van die HERE, wat die woorde van hierdie lied tot die HERE gespreek het op die dag toe die HERE hom gered het uit die hand van al sy vyande en uit die hand van Saul.

2 En hy het gesê: Ek het U hartlik lief, HERE, my sterkte.

3 Die HERE is my rots en my bergvesting en my redder; my God, my rots by wie ek skuil; my skild en die horing van my heil, my rotsvesting.

4 Ek roep die HERE aan wat lofwaardig is, en van my vyande word ek verlos.

5 Bande van die dood het my omring, en strome van onheil het my oorval.

6 Bande van die doderyk was rondom my; strikke van die dood het my teëgekom.

7 Toe ek benoud was, het ek die HERE aangeroep, en ek het tot my God geroep om hulp; Hy het my stem uit sy paleis gehoor, en my hulpgeroep voor sy aangesig het in sy ore gekom.

8 Toe het die aarde geskud en gebewe; die fondamente van die berge het gesidder en geskud, omdat Hy toornig was.

9 Rook in sy neus het opgegaan, en 'n vuur uit sy mond het verteer; kole uit Hom het gebrand.

10 En Hy het die hemel gebuig en neergedaal, en donkerheid was onder sy voete.

11 En Hy het op 'n gérub gery en gevlieg; ja, Hy het gesweef op die vleuels van die wind.

12 Duisternis het Hy sy skuilplek gemaak, sy hut rondom Hom: duisternis van waters, diktes van wolke.

13 Deur die glans voor Hom het sy wolke verbygetrek, hael en gloeiende kole.

14 En die HERE het in die hemel gedonder, en die Allerhoogste het sy stem laat hoor; hael en gloeiende kole.

15 En Hy het sy pyle uitgestuur en hulle verstrooi; ja, sy bliksems in menigte, en Hy het hulle verwar.

16 En die beddings van die waters het sigbaar geword, en die fondamente van die wêreld is blootgelê vanweë u dreiging, o HERE, vanweë die geblaas van die wind van u neus.

17 Hy het uit die hoogte sy hand uitgestrek, Hy het my gegryp, Hy het my uit groot waters getrek.

18 Hy het my verlos van my magtige vyand en van my haters, omdat hulle te sterk was vir my.

19 Hulle het my oorval op die dag van my nood; maar die HERE was my steun.

20 En Hy het my uitgelei in die ruimte; Hy het my gered, omdat Hy behae in my gehad het.

21 Die HERE het met my gehandel na my geregtigheid; Hy het my vergelde na die reinheid van my hande.

22 Want ek het die weë van die HERE gehou en nie goddeloos van my God afgewyk nie;

23 want al sy verordeninge was voor my, en sy insettinge het ek nie van my verwyder nie.

24 Maar ek was opreg by Hom, en ek was op my hoede vir my ongeregtigheid.

25 So het die HERE my dan vergelde na my geregtigheid, na die reinheid van my hande, voor sy oë.

26 By die liefderyke betoon U Uself liefderyk, by die opregte man opreg,

27 by die reine rein; maar by die valse betoon U Uself verkeerd.

28 Want U verlos die verdrukte volk; maar U verneder die oë wat hoog is.

29 Want U laat my lamp skyn; die HERE my God laat my duisternis opklaar.

30 Want met U loop ek 'n bende storm, en met my God spring ek oor 'n muur.

31 Die weg van God is volmaak; die woord van die HERE is gelouter; Hy is 'n skild vir almal wat by Hom skuil.

32 Want wie is God buiten die HERE, en wie is 'n rots behalwe onse God?

33 God is dit wat my met krag omgord en my weg volkome maak.

34 Hy maak my voete soos dié van herte en laat my staan op my hoogtes.

35 Hy leer my hande om oorlog te voer, sodat my arms 'n koperboog span.

36 Ook het U my die skild van u uitredding gegee, en u regterhand het my ondersteun, en u neerbuigende goedheid het my groot gemaak.

37 U het my voetstap ruim gemaak onder my, en my enkels het nie gewankel nie.

38 Ek het my vyande agtervolg en hulle ingehaal, en ek het nie teruggekom voordat ek hulle vernietig het nie.

39 Ek het hulle verbrysel, sodat hulle nie kon opstaan nie; hulle het geval onder my voete.

40 En U het my met krag omgord vir die stryd; U het my teëstanders onder my laat buk.

41 En U het my vyande vir my laat vlug; en my haters, dié het ek vernietig.

42 Hulle het geroep om hulp, maar daar was geen verlosser nie- tot die HERE, maar Hy het hulle nie geantwoord nie.

43 Toe het ek hulle vermaal soos stof voor die wind; ek het hulle uitgegooi soos modder van die strate.

44 U het my gered uit die getwis van die volk; U het my 'n hoof gemaak van nasies; 'n volk wat ek nie geken het nie, het my gedien.

45 Sodra hulle van my gehoor het, was hulle my gehoorsaam, uitlanders het kruipende na my gekom.

46 Uitlanders word kragteloos en kom met siddering uit hulle vestings.

47 Die HERE leef! En geloofd sy my rots, en laat verhoog wees die God van my heil!

48 Die God wat my die wraak gee en volke aan my onderwerp;

49 wat my red van my vyande; ja, U verhef my bo my teëstanders; U bevry my van die man van geweld.

50 Daarom wil ek U loof, o HERE, onder die nasies, en tot eer van u Naam wil ek psalmsing.

51 Hy wat die verlossinge van sy koning groot maak en goedertierenheid bewys aan sy gesalfde, aan Dawid en aan sy nageslag tot in ewigheid.

<< ← Prev Top Next → >>