Die Bybel, Psalms, Hoofstuk 9. is available here: https://www.bible.promo/chapters.php?id=10487&pid=21&tid=1&bid=70
Holy Bible project logo icon
FREE OFF-line Bible for Android Get Bible on Google Play QR Code Android Bible

Holy Bible
for Android

is a powerful Bible Reader which has possibility to download different versions of Bible to your Android device.

Bible Verses
for Android

Bible verses includes the best bible quotes in more than 35 languages

Pear Bible KJV
for Android

is an amazing mobile version of King James Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible BBE
for Android

is an amazing mobile version of Bible in Basic English that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible ASV
for Android

is an amazing mobile version of American Standard Version Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

BIBLE VERSIONS / Die Bybel / Die Ou Testament / Psalms

Die Bybel

Job Psalms Spreuke

Hoofstuk 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54 55 56 57 58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71 72 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86 87 88 89 90 91 92 93 94 95 96 97 98 99 100 101 102 103 104 105 106 107 108 109 110 111 112 113 114 115 116 117 118 119 120 121 122 123 124 125 126 127 128 129 130 131 132 133 134 135 136 137 138 139 140 141 142 143 144 145 146 147 148 149 150

1 Vir die musiekleier; op die wysie van: "Sterf vir die Seun". 'n Psalm van Dawid.

2 Ek wil die HERE loof met my hele hart; ek wil al u wonders vertel.

3 In U wil ek bly wees en juig; ek wil psalmsing tot eer van u Naam, o Allerhoogste,

4 omdat my vyande agteruitwyk, struikel en omkom van voor u aangesig.

5 Want U het my reg en my regsaak behandel; U het gaan sit op die troon, o regverdige regter!

6 U het die heidene gedreig, die goddelose laat omkom, hulle naam uitgedelg vir ewig en altyd.

7 Die vyande het omgekom- puinhope vir ewig; ook die stede wat U verwoes het; hulle gedagtenis, ja, dié het vergaan.

8 Maar die HERE sit vir ewig; Hy het sy troon reggesit vir die oordeel.

9 En Hy self sal die wêreld oordeel in geregtigheid en die volke vonnis met reg.

10 So is die HERE dan 'n rotsvesting vir die verdrukte, 'n rotsvesting in tye van benoudheid.

11 En hulle wat u Naam ken, sal op U vertrou, omdat U die wat U soek, nie verlaat nie, o HERE!

12 Psalmsing tot eer van die HERE wat op Sion woon; verkondig onder die volke sy dade.

13 Want Hy wat die bloed soek, dink aan hulle; Hy vergeet die geroep van die ellendiges nie.

14 Wees my genadig, HERE, aanskou my ellende vanweë my haters, U wat my verhef uit die poorte van die dood;

15 sodat ek al u roemryke dade kan vertel, in die poorte van die dogter van Sion kan juig oor u heil.

16 Die heidene het gesink in die kuil wat hulle gemaak het; hulle voet is gevang in die net wat hulle gespan het.

17 Die HERE het Hom bekend gemaak; Hy het strafgerig geoefen; die goddelose is verstrik in die werk van sy hande. Higgajon. Sela.

18 Die goddelose sal teruggaan na die doderyk, al die heidene wat God vergeet.

19 Want die behoeftige sal nie vir altyd vergeet word, die verwagting van die ellendiges nie vir ewig verlore gaan nie.

20 Staan op, HERE, laat die mens nie sterk word nie; laat die heidene voor u aangesig geoordeel word!

21 o HERE jaag hulle skrik aan; laat die heidene weet, hulle is mense! Sela.

<< ← Prev Top Next → >>