Die Bybel, Psalms, Hoofstuk 7. is available here: https://www.bible.promo/chapters.php?id=10485&pid=21&tid=1&bid=70
Holy Bible project logo icon
FREE OFF-line Bible for Android Get Bible on Google Play QR Code Android Bible

Holy Bible
for Android

is a powerful Bible Reader which has possibility to download different versions of Bible to your Android device.

Bible Verses
for Android

Bible verses includes the best bible quotes in more than 35 languages

Pear Bible KJV
for Android

is an amazing mobile version of King James Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible BBE
for Android

is an amazing mobile version of Bible in Basic English that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible ASV
for Android

is an amazing mobile version of American Standard Version Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

BIBLE VERSIONS / Die Bybel / Die Ou Testament / Psalms

Die Bybel

Job Psalms Spreuke

Hoofstuk 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54 55 56 57 58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71 72 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86 87 88 89 90 91 92 93 94 95 96 97 98 99 100 101 102 103 104 105 106 107 108 109 110 111 112 113 114 115 116 117 118 119 120 121 122 123 124 125 126 127 128 129 130 131 132 133 134 135 136 137 138 139 140 141 142 143 144 145 146 147 148 149 150

1 Sjiggajon van Dawid wat hy tot eer van die HERE gesing het weens die woorde van Kus, die Benjaminiet.

2 HERE, my God, by U skuil ek; verlos my van al my vervolgers en red my;

3 sodat hy nie soos 'n leeu my verskeur en wegruk sonder dat iemand red nie.

4 HERE, my God, as ek dit gedoen het, as daar onreg in my hande is,

5 as ek hóm kwaad aangedoen het wat in vrede met my geleef het (ja, ek het hom gered wat my sonder oorsaak vyandig was),

6 mag die vyand my dan vervolg en inhaal en my lewe teen die grond vertrap en my eer in die stof laat woon. Sela.

7 Staan op, HERE, in u toorn, verhef U teen die grimmigheid van my teëstanders en ontwaak vir my, U wat die reg beveel het!

8 En laat die vergadering van die volke U omring; keer dan bo hulle terug in die hoogte!

9 Die HERE oordeel die volke. Doen aan my reg, HERE, na my geregtigheid en na my onskuld wat by my is.

10 Laat tog die boosheid van die goddelose mense 'n einde neem, maar bevestig U die regverdige, ja, U wat harte en niere toets, o regverdige God!

11 My skild is by God wat die opregtes van hart verlos.

12 God is 'n regverdige regter, en 'n God wat elke dag toornig is.

13 As hy hom nie bekeer nie, maak Hy sy swaard skerp; Hy span sy boog en mik daarmee

14 en berei vir hom dodelike werktuie; Hy maak sy pyle brandende wapens.

15 Kyk, hy is in barensweë van onreg en is swanger van moeite; hy baar leuens.

16 Hy het 'n kuil gegrawe en dit uitgehol; maar hy het geval in die vangkuil wat hy gemaak het.

17 Die onheil wat hy gestig het, keer op sy hoof terug, en sy geweld kom op sy skedel neer.

18 Ek wil die HERE loof na sy geregtigheid en die Naam van die HERE, die Allerhoogste, psalmsing.

<< ← Prev Top Next → >>