Die Bybel, Job, Hoofstuk 40. is available here: https://www.bible.promo/chapters.php?id=10476&pid=20&tid=1&bid=70
Holy Bible project logo icon
FREE OFF-line Bible for Android Get Bible on Google Play QR Code Android Bible

Holy Bible
for Android

is a powerful Bible Reader which has possibility to download different versions of Bible to your Android device.

Bible Verses
for Android

Bible verses includes the best bible quotes in more than 35 languages

Pear Bible KJV
for Android

is an amazing mobile version of King James Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible BBE
for Android

is an amazing mobile version of Bible in Basic English that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible ASV
for Android

is an amazing mobile version of American Standard Version Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

BIBLE VERSIONS / Die Bybel / Die Ou Testament / Job

Die Bybel

Ester Job Psalms

Hoofstuk 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 40 41 42

1 En die HERE het Job uit 'n storm geantwoord en gesê:

2 Gord tog jou heupe soos 'n man; Ek sal jou ondervra en onderrig jy My.

3 Wil jy werklik my reg verbreek, My veroordeel, dat jy gelyk kan hê?

4 Het jy dan 'n arm soos God? En kan jy donder met die stem soos Hy?

5 Versier jou tog met heerlikheid en hoogheid, en beklee jou met majesteit en glorie!

6 Giet jou toorn in strome uit; en kyk na alles wat hoog is, en verneder dit.

7 Kyk na alles wat hoog is, onderwerp dit; en werp die goddelose neer daar waar hulle staan.

8 Begrawe hulle almal saam in die stof; sluit hulle aangesigte in 'n verborge plek weg.

9 Dan sal ook Ek jou loof, omdat jou regterhand jou die oorwinning gee.

10 Kyk, daar is die seekoei wat Ek gemaak het saam met jou. Gras eet hy soos 'n bees.

11 Kyk tog, sy krag is in sy kruis, en sy sterkte in die spiere van sy buik.

12 Hy hou sy stert reguit soos 'n seder; die senings van sy dye is inmekaar gevleg.

13 Sy gebeente is pype van koper, sy bene soos stawe van yster.

14 Hy is die eersteling van die weë van God; Hy wat hom gemaak het, het hom sy swaard verskaf.

15 Want die berge lewer vir hom voer, en al die wilde diere van die veld speel daar.

16 Onder lotusbome lê hy, in 'n skuilplek van riete en moeras.

17 Lotusbome oordek hom as sy skaduwee, die rivierwilgers omring hom.

18 As die rivier swel--hy word nie verskrik nie; hy voel gerus, ook al bruis 'n Jordaan teen sy mond.

19 Sal 'n mens hom gryp terwyl hy jou aankyk, met vangtoue sy neus deurboor?

20 Kan jy die krokodil met 'n hoek uittrek? En met 'n tou sy tong afdruk?

21 Kan jy 'n tou van biesies in sy neus sit? En sy kakebeen met 'n haak deurboor?

22 Sal hy jou baie smeek? Of met jou spreek in sagte woorde?

23 Sal hy 'n verbond met jou sluit, dat jy hom vir altyd as slaaf aanneem?

24 Sal jy met hom soos met 'n voëltjie speel? En hom vasbind vir jou meisiekinders?

25 Sal die viskopers met hom handel drywe, hom verdeel onder die koopmans?

26 Kan jy sy vel vol skerp ysters steek, en met 'n vissersharpoen sy kop?

27 Sit jou hand op hom; dink aan die geveg; jy sal dit nie weer doen nie.

28 Kyk, elke hoop kom bedroë uit: sal 'n mens nie reeds by die sien van hom neerslaan nie?

<< ← Prev Top Next → >>