Die Bybel, Job, Hoofstuk 37. is available here: https://www.bible.promo/chapters.php?id=10473&pid=20&tid=1&bid=70
Holy Bible project logo icon
FREE OFF-line Bible for Android Get Bible on Google Play QR Code Android Bible

Holy Bible
for Android

is a powerful Bible Reader which has possibility to download different versions of Bible to your Android device.

Bible Verses
for Android

Bible verses includes the best bible quotes in more than 35 languages

Pear Bible KJV
for Android

is an amazing mobile version of King James Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible BBE
for Android

is an amazing mobile version of Bible in Basic English that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible ASV
for Android

is an amazing mobile version of American Standard Version Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

BIBLE VERSIONS / Die Bybel / Die Ou Testament / Job

Die Bybel

Ester Job Psalms

Hoofstuk 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 40 41 42

1 Ja, hiervoor beef my hart en spring op uit sy plek.

2 Luister, luister na die gedruis van sy stem en die dreuning wat uit sy mond uitgaan.

3 Onder die ganse hemel laat Hy dit los en sy lig oor die eindes van die aarde.

4 Daarna brul sy stem, Hy donder met sy stem vol majesteit en hou die bliksems nie terug as sy stem gehoor word nie.

5 God donder wonderbaar met sy stem; Hy doen groot dinge wat vir ons onbegryplik is.

6 Want Hy gebied die sneeu: Val op die aarde! Ook die stortreën, ja, sy geweldige stortreëns.

7 Hy verseël die hand van elke mens in die winter, sodat tot kennis kan kom al die mense wat Hy gemaak het.

8 Dan gaan die wilde diere in skuilhoeke en bly in hulle lêplekke.

9 Uit sy kamer kom die stormwind, en deur die wolkverstrooiers koue.

10 Deur die asem van God word ys gegee, en die wye waters lê vas in die engte.

11 Ja, met volheid van water belas Hy die wolke, en Hy strooi ver en wyd sy ligtende wolk;

12 en dit skiet oral rond volgens sy bestel, sodat hulle alles doen wat Hy hulle beveel oor die wye wêreldrond:

13 óf tot 'n tugroede, óf tot nut van sy aarde, óf tot weldadigheid laat Hy dit sy doel vind.

14 Luister hierna, o Job! Staan stil en gee ag op die wonders van God.

15 Begryp u hoe God hulle bevel gee en die lig van sy wolk laat flikker?

16 Begryp u iets van die gesweef van die wolke, van die wonders van die Volmaakte in kennis?

17 U, wie se klere warm word as die aarde stil is vanweë die suidewind--

18 kan u saam met Hom die hemel uitbrei wat vas is soos 'n gegote spieël?

19 Onderrig ons wat ons aan Hom moet sê: ons kan niks voorbring vanweë die duisternis nie.

20 Moet dit Hom vertel word dat ek wil spreek? Of het iemand ooit gesê dat hy vernietig wil word?

21 En nou, 'n mens kan die lig nie aansien wat helder is in die hemel as die wind verbygegaan en dit skoongemaak het nie.

22 Uit die Noorde kom goud te voorskyn, maar oor God is daar ontsagwekkende majesteit.

23 Die Almagtige--ons vind Hom nie; Hy is groot van krag, maar die reg en die volheid van geregtigheid krenk Hy nie.

24 Daarom vrees die mense Hom; almal wat eiewys is, sien Hy nie aan nie.

<< ← Prev Top Next → >>