Die Bybel, Job, Hoofstuk 30. is available here: https://www.bible.promo/chapters.php?id=10466&pid=20&tid=1&bid=70
Holy Bible project logo icon
FREE OFF-line Bible for Android Get Bible on Google Play QR Code Android Bible

Holy Bible
for Android

is a powerful Bible Reader which has possibility to download different versions of Bible to your Android device.

Bible Verses
for Android

Bible verses includes the best bible quotes in more than 35 languages

Pear Bible KJV
for Android

is an amazing mobile version of King James Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible BBE
for Android

is an amazing mobile version of Bible in Basic English that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible ASV
for Android

is an amazing mobile version of American Standard Version Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

BIBLE VERSIONS / Die Bybel / Die Ou Testament / Job

Die Bybel

Ester Job Psalms

Hoofstuk 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 40 41 42

1 En nou lag hulle wat jonger is as ek, my uit--mense wie se vaders ek te min geag het om by my herdershonde te sit.

2 Wat sou die krag van hulle hande my ook baat? Die frisse lewenskrag het by hulle verlore gegaan.

3 Hulle is uitgeput deur gebrek en honger, hulle wat die dor land afknaag in die donkerheid van woestheid en verwoesting;

4 hulle wat die soutkruid afpluk by die bossies, en die besemboswortel is hulle brood.

5 Uit die samelewing word hulle weggejaag; die mense skreeu oor hulle soos oor 'n dief.

6 In die afgryslike klowe moet hulle woon, in gate in die grond en in rotse.

7 Tussen die bossies skreeu hulle, onder brandnekels kruip hulle bymekaar--

8 dwase, ja, eerlose mense wat met 'n sweep uit die land geslaan word.

9 En nou het ek hulle spotlied geword en die onderwerp van hulle gepraat.

10 Hulle het 'n afsku van my, staan op 'n afstand van my af en ontsien nie om my in die gesig te spuug nie.

11 Want Hy het my boogsnaar losgemaak en my verneder; so het hulle dan teenoor my die teuel laat skiet.

12 Aan die regterhand staan die gespuis op; hulle stoot my voete weg en gooi hul onheilspaaie teen my op.

13 My pad verniel hulle, hulle help om my te laat val sonder dat hulle self 'n helper het.

14 Soos deur 'n wye bres kom hulle; te midde van die puinhope kom hulle aanrol.

15 Verskrikkinge is teen my gerig; hulle vervolg my hoogheid soos die wind, en soos 'n wolk het my geluk verbygegaan.

16 Daarom stort my siel hom nou uit in my; dae van ellende hou my vas.

17 Die nag deurboor my gebeente, en dit val van my af; en my knaende pyne rus nooit nie.

18 Deur goddelike oormag is my kleed ontredder; soos die kraag van my lyfrok omspan dit my.

19 Hy het my in die modder gewerp, en ek het soos stof en as geword.

20 Ek roep U aan om hulp, maar U antwoord my nie; ek staan daar, en U staar my aan.

21 U is jeens my verander in 'n onbarmhartige; deur die sterkte van u hand behandel U my as vyand.

22 U hef my op die wind, laat my daarop ry; en U laat my vergaan in stormgedruis.

23 Want ek weet: U wil my na die dood toe bring en na die huis waar al wat lewe, saamkom.

24 Maar sal iemand by die ineenstorting nie nog die hand uitsteek of by sy ondergang om dié rede om hulp roep nie?

25 Of het ek nie geween oor hom wat harde dae het nie? Was my siel nie bekommerd oor die behoeftige nie?

26 Want ek het op die goeie gehoop, en onheil het gekom; en ek het gewag op lig, en donkerheid het gekom.

27 My ingewande kook sonder ophou; dae van ellende het my teëgekom.

28 Ek gaan daarheen in die rou, sonder son; ek staan op in die vergadering, ek roep om hulp.

29 Ek het 'n broer geword vir die jakkalse en 'n vriend vir die volstruise.

30 My vel het swart geword en val van my af, en my gebeente gloei van hitte.

31 So het dan my siter 'n rouklag geword en my fluit 'n stem van die wat ween.

<< ← Prev Top Next → >>