Die Bybel, Job, Hoofstuk 20. is available here: https://www.bible.promo/chapters.php?id=10456&pid=20&tid=1&bid=70
Holy Bible project logo icon
FREE OFF-line Bible for Android Get Bible on Google Play QR Code Android Bible

Holy Bible
for Android

is a powerful Bible Reader which has possibility to download different versions of Bible to your Android device.

Bible Verses
for Android

Bible verses includes the best bible quotes in more than 35 languages

Pear Bible KJV
for Android

is an amazing mobile version of King James Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible BBE
for Android

is an amazing mobile version of Bible in Basic English that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible ASV
for Android

is an amazing mobile version of American Standard Version Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

BIBLE VERSIONS / Die Bybel / Die Ou Testament / Job

Die Bybel

Ester Job Psalms

Hoofstuk 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 40 41 42

1 Toe het Sofar, die Naämatiet, geantwoord en gesê:

2 Daarom juis antwoord my gedagtes my, en wel weens my haastigheid in my.

3 'n Bestraffing wat vir my griewend is, moet ek aanhoor; maar die gees uit my verstand antwoord my.

4 Weet jy wel dit wat van altyd af was, vandat die mens op die aarde gemaak is:

5 dat die gejubel van die goddelose kort van duur is en die vreugde van die roekelose net vir 'n oomblik?

6 Al klim sy hoogheid na die hemel toe op, en al raak sy hoof aan die wolke--

7 soos sy eie drek vergaan hy vir ewig; die wat hom gesien het, vra: Waar is hy?

8 Soos 'n droom vlieg hy weg, sodat 'n mens hom nie meer vind nie; en hy word verjaag soos 'n naggesig.

9 Die oog wat hom gesien het, sien hom nie meer nie; en sy plek aanskou hom nie meer nie.

10 Sy kinders moet die guns soek van armes, en met eie hande moet hy sy vermoë teruggee.

11 Sy gebeente was vol van sy jeugdige krag; maar met hom saam lê dit in die stof.

12 Al smaak die kwaad soet in sy mond, al verberg hy dit onder sy tong,

13 al spaar hy dit, en al wil hy dit nie laat vaar nie, maar dit terughou in sy verhemelte--

14 tog word sy voedsel in sy ingewande verander, dit word gal van adders in sy binneste.

15 Rykdom het hy verslind, maar hy moet dit weer uitspuug; uit sy buik dryf God dit weg.

16 Die gif van adders suig hy in, die tong van 'n slang maak hom dood.

17 Hy mag hom nie verlustig in beke, in vloeiende strome van heuning en dikmelk nie.

18 Wat hy deur arbeid verkry het, gee hy terug sonder om dit in te sluk; na die maat van sy ingeruilde rykdom sal hy nie bly wees nie.

19 Want hy het die armes verdruk, aan hulle lot oorgelaat; 'n huis het hy geroof, maar hy sal dit nie opbou nie.

20 Want hy het geen rus geken in sy binneste nie; so sal hy dan nie ontsnap met sy kosbare goed nie.

21 Niks het ontkom aan sy vraatsug nie; daarom is sy voorspoed nie duursaam nie.

22 By die volheid van sy oorvloed sal hy benoud wees: al die hande van ellendiges oorval hom.

23 Om sy buik te vul, sal Hy teen hom uitstuur sy toorngloed, en Hy sal dit op hom laat reën as sy voedsel.

24 Hy sal vlug vir die ysterwapens--'n koperboog sal hom deurboor.

25 Hy trek--daar kom dit uit sy rug, en die glinsterende swaard gaan uit sy gal; verskrikkinge is op hom!

26 Pure duisternis is bewaar vir sy skatte; 'n vuur wat nie deur mense aangeblaas is nie, verteer hom; dit wei af wat in sy tent oorbly.

27 Die hemel openbaar sy ongeregtigheid, en die aarde staan teen hom op.

28 Weggevoer word die opbrings van sy huis--goed wat wegspoel op die dag van sy toorn.

29 Dit is die deel van die goddelose mens van die kant van God en die erfdeel wat vir hom bestem is deur God.

<< ← Prev Top Next → >>