Die Bybel, Job, Hoofstuk 7. is available here: https://www.bible.promo/chapters.php?id=10443&pid=20&tid=1&bid=70
Holy Bible project logo icon
FREE OFF-line Bible for Android Get Bible on Google Play QR Code Android Bible

Holy Bible
for Android

is a powerful Bible Reader which has possibility to download different versions of Bible to your Android device.

Bible Verses
for Android

Bible verses includes the best bible quotes in more than 35 languages

Pear Bible KJV
for Android

is an amazing mobile version of King James Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible BBE
for Android

is an amazing mobile version of Bible in Basic English that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible ASV
for Android

is an amazing mobile version of American Standard Version Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

BIBLE VERSIONS / Die Bybel / Die Ou Testament / Job

Die Bybel

Ester Job Psalms

Hoofstuk 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 40 41 42

1 Het die mens nie 'n stryd op die aarde nie? En is sy dae nie soos die dae van 'n dagloner nie?

2 Soos 'n slaaf wat hyg na die skaduwee, en soos 'n dagloner wat wag op sy werkloon,

3 so het ek erfgenaam geword van maande van teleurstelling en is nagte van moeite vir my bestem.

4 As ek gaan lê, dink ek: Wanneer sal ek opstaan? Maar die aand is lank, en ek word sat van al die omdraai tot die môreskemering toe.

5 My vlees is bekleed met wurms en stofklonte; my vel trek opmekaar en etter dan weer.

6 My dae is vinniger as 'n wewerspoel en verdwyn sonder verwagting.

7 Bedink tog dat my lewe wind is; my oog sal die voorspoed nie weer sien nie.

8 Die oog van hom wat my sien, sal my nie meer aanskou nie. U oë is op my--en ek is daar nie!

9 Die wolk verdwyn en gaan heen--so kom hy nie weer op wat na die doderyk neerdaal nie.

10 Hy sal nie meer teruggaan na sy huis nie, en sy plek sal hom nie meer ken nie.

11 So wil dan ook ék my mond nie hou nie, ek wil spreek in die benoudheid van my gees, ek wil klae in die bitterheid van my siel.

12 Is ek 'n see, of 'n groot seedier, dat U 'n wag teen my opstel?

13 As ek sê: My bed sal my troos, my slaapplek sal my klagte help dra,

14 dan verskrik U my deur drome en ontstel my deur gesigte,

15 sodat ek die verwurging verkies, die dood meer as hierdie geraamte van my.

16 Ek verfoei my lewe. Nie vir altyd sal ek lewe nie: laat my met rus, want my dae is nietigheid.

17 Wat is die mens, dat U hom so hoog stel en dat U op hom ag gee?

18 En dat U hom elke môre soek, elke oomblik hom op die proef stel?

19 Hoe lank sal U nie van my af wegkyk nie, my nie laat staan nie, totdat ek my speeksel insluk?

20 As ek gesondig het, wat doen ek U aan, o Mensebewaker? Waarom het U my as mikpunt vir U opgestel, sodat ek myself tot 'n las is?

21 En waarom vergeef U nie my oortreding en neem my ongeregtigheid nie weg nie? Want weldra sal ek in die stof lê; dan sal U my soek, maar ek sal daar nie wees nie.

<< ← Prev Top Next → >>