Die Bybel, Job, Hoofstuk 6. is available here: https://www.bible.promo/chapters.php?id=10442&pid=20&tid=1&bid=70
Holy Bible project logo icon
FREE OFF-line Bible for Android Get Bible on Google Play QR Code Android Bible

Holy Bible
for Android

is a powerful Bible Reader which has possibility to download different versions of Bible to your Android device.

Bible Verses
for Android

Bible verses includes the best bible quotes in more than 35 languages

Pear Bible KJV
for Android

is an amazing mobile version of King James Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible BBE
for Android

is an amazing mobile version of Bible in Basic English that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible ASV
for Android

is an amazing mobile version of American Standard Version Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

BIBLE VERSIONS / Die Bybel / Die Ou Testament / Job

Die Bybel

Ester Job Psalms

Hoofstuk 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 40 41 42

1 Maar Job het geantwoord en gesê:

2 Ag, was my verdriet maar goed geweeg en my ongeluk meteens in 'n skaal opgehef!

3 Ja, dan sou dit swaarder wees as die sand van die see; daarom is my woorde onbedagsaam.

4 Want die pyle van die Almagtige is in my, waarvan my gees die gif indrink; die verskrikkinge van God stel hulle teen my op.

5 Balk die wilde-esel by die grasspruitjies? Of bulk 'n bees by sy voer?

6 Word iets wat laf is, sonder sout geëet? Of is daar smaak in die wit van 'n eier?

7 My siel weier om dit aan te raak; dit is net soos my walglike spys.

8 Ag, mag my bede maar uitkom, en mag God my verwagting maar gee!

9 En mag dit God behaag om my te verpletter, sy hand uit te strek en my af te sny!

10 Dan sou ek nog troos hê; ja, ek sou van vreugde opspring in onbarmhartige smart; want die woorde van die Heilige het ek nie verloën nie.

11 Wat is my krag, dat ek sou kan wag; en wat my uiteinde, dat ek geduldig sou wees?

12 Is my krag 'n krag van klip of my vlees van koper?

13 Is ek dan nie hulpeloos in myself nie, en is redding nie vir my weggedrywe nie?

14 Vir die moedelose moet daar liefde wees van die kant van sy vriend, ook al laat hy die vrees vir die Almagtige vaar.

15 My broers het troueloos gehandel soos 'n spruit, soos die bedding van spruite wat wegloop,

16 wat troebel is vanweë die ys, waarin die sneeu hom verberg--

17 in die tyd van gloeihitte verdwyn hulle; as dit warm word, droog hulle op uit hul plek.

18 Die paaie van hulle loop kronkelend weg en gaan heen in die wildernis en vergaan.

19 Die karavane van Tema het uitgekyk, die reisigers van Skeba het daarop gewag.

20 Hulle het beskaamd gestaan in hul vertroue; hulle het daarby gekom en was teleurgesteld.

21 So het julle dan vir my niks geword nie: julle sien verskrikking, en julle het gevrees.

22 Het ek dan gesê: Gee my iets? Of: Bring vir my 'n omkoopgeskenk uit julle vermoë?

23 Of: Red my uit die hand van die teëstander? Of: Verlos my uit die hand van tiranne?

24 Onderrig my, en ék sal swyg; en maak my duidelik waarin ek my misgaan het.

25 Hoe kragtig is opregte woorde, maar wat rig 'n bestraffing uit, van julle afkomstig?

26 Dink julle om woorde te bestraf? Maar die woorde van 'n wanhopige is vir die wind!

27 Ja, julle sou 'n wees uitloot en julle vriend verhandel.

28 Maar nou, kyk my asseblief aan: ek sal julle waarlik nie in jul gesig belieg nie.

29 Keer tog terug--laat daar geen onreg wees nie! Ja, keer terug--nóg is my geregtigheid daar.

30 Is daar onreg op my tong? Of kan my verhemelte nie die onheile onderskei nie?

<< ← Prev Top Next → >>