Die Bybel, Job, Hoofstuk 5. is available here: https://www.bible.promo/chapters.php?id=10441&pid=20&tid=1&bid=70
Holy Bible project logo icon
FREE OFF-line Bible for Android Get Bible on Google Play QR Code Android Bible

Holy Bible
for Android

is a powerful Bible Reader which has possibility to download different versions of Bible to your Android device.

Bible Verses
for Android

Bible verses includes the best bible quotes in more than 35 languages

Pear Bible KJV
for Android

is an amazing mobile version of King James Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible BBE
for Android

is an amazing mobile version of Bible in Basic English that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible ASV
for Android

is an amazing mobile version of American Standard Version Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

BIBLE VERSIONS / Die Bybel / Die Ou Testament / Job

Die Bybel

Ester Job Psalms

Hoofstuk 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 40 41 42

1 Roep maar--is daar iemand wat jou antwoord gee? En na wie van die heiliges sal jy gaan?

2 Want verbitterdheid vermoor die dwaas, en naywer maak die domme dood.

3 Ek self het gesien hoe 'n dwaas wortel skiet; maar skielik het ek sy woning vervloek.

4 Ver is sy kinders van geluk; en hulle word verbrysel in die poort sonder dat iemand red.

5 Wat hy geoes het, eet die hongerige op, en dié haal dit selfs uit die doringheining uit; en die ondergang hyg na hulle rykdom.

6 Want onheil kom nie voort uit die stof, en moeite spruit nie uit die grond nie.

7 Maar die mens word vir moeite gebore soos die vonke boontoe vlieg.

8 Maar wat my aangaan, ek sou na God vra en my saak aan die Godheid voorlê,

9 aan Hom wat groot dinge doen en ondeurgrondelike, wonders sonder getal;

10 wat reën gee oor die aarde en waters uitstuur oor die velde;

11 om nederiges op 'n hoogte te stel daarbo; en die wat in die rou is, verkry die hoogste geluk.

12 Hy wat die planne van listige mense verydel, sodat hulle hande niks kan uitrig wat standhou nie;

13 wat die wyse manne vang in hulle listigheid, en die raad van die slinkse mense misluk van haastigheid.

14 Oordag stuit hulle op duisternis, en soos in die nag tas hulle rond op die middag.

15 So verlos Hy dan van die swaard wat kom uit hulle mond, en die behoeftige uit die hand van die sterk man.

16 So is daar dan verwagting vir die arme; en ongeregtigheid hou die mond toe.

17 Kyk, gelukkig is die man wat God kasty; verwerp daarom die tugtiging van die Almagtige nie.

18 Want Hy doen smart aan, maar verbind ook; Hy verbrysel, maar sy hande maak gesond.

19 In ses benoudhede sal Hy jou red, ja, in sewe sal geen onheil jou tref nie.

20 In hongersnood verlos Hy jou van die dood en in die oorlog uit die mag van die swaard.

21 As die tong gésel, word jy weggesteek; en jy hoef nie te vrees vir verwoesting as dit kom nie.

22 Oor verwoesting en broodsgebrek sal jy lag, en vir die wilde diere van die aarde hoef jy nie te vrees nie.

23 Want met die klippe van die veld is jou verbond, en die wilde diere van die veld is met jou bevriend.

24 En jy sal uitvind dat jou tent in vrede is; en as jy op jou woonplek rondkyk, sal jy niks vermis nie.

25 Ook sal jy uitvind dat jou kroos talryk is en jou nakomelinge soos die plante van die aarde.

26 Op rype leeftyd sal jy na die graf gaan, soos 'n koringgerf ingebring word op sy tyd.

27 Kyk, dit het ons nagespeur, so is dit; hoor dit, en neem jy dit ter harte.

<< ← Prev Top Next → >>