Die Bybel, 2 Kronieke, Hoofstuk 15. is available here: https://www.bible.promo/chapters.php?id=10382&pid=16&tid=1&bid=70
Holy Bible project logo icon
FREE OFF-line Bible for Android Get Bible on Google Play QR Code Android Bible

Holy Bible
for Android

is a powerful Bible Reader which has possibility to download different versions of Bible to your Android device.

Bible Verses
for Android

Bible verses includes the best bible quotes in more than 35 languages

Pear Bible KJV
for Android

is an amazing mobile version of King James Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible BBE
for Android

is an amazing mobile version of Bible in Basic English that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible ASV
for Android

is an amazing mobile version of American Standard Version Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

BIBLE VERSIONS / Die Bybel / Die Ou Testament / 2 Kronieke

Die Bybel

1 Kronieke 2 Kronieke Esra

Hoofstuk 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36

1 Toe het die Gees van God op Asárja, die seun van Oded, gekom;

2 en hy het uitgegaan om Asa te ontmoet en vir hom gesê: Luister na my, Asa en die hele Juda en Benjamin! Die HERE is met julle as julle met Hom is, en as julle Hom soek, sal Hy Hom deur julle laat vind; maar as julle Hom verlaat, sal Hy julle verlaat.

3 En daar was baie dae dat Israel sonder die ware God was en sonder 'n lerende priester en sonder wet.

4 Maar as hulle in die nood hul tot die HERE, die God van Israel, bekeer het en Hom gesoek het, het Hy Hom deur hulle laat vind.

5 En in dié tye was daar geen vrede vir wie uit-- of ingegaan het nie, maar groot beroering oor al die inwoners van die lande;

6 en nasie het teen nasie en stad teen stad gebots, omdat God hulle deur allerhande nood in verwarring gebring het.

7 Wees julle dan sterk, en laat julle hande nie slap hang nie, want daar is loon volgens julle werk.

8 En toe Asa hierdie woorde en die profesie hoor wat Asárja, die seun van Oded, gespreek het, het hy moed geskep en die verfoeisels verwyder uit die hele land Juda en Benjamin en uit die stede wat hy op die gebergte van Efraim ingeneem het; en die altaar van die HERE wat voor die voorportaal van die HERE was, het hy herstel.

9 Daarop vergader hy die hele Juda en Benjamin, ook die vreemdelinge wat uit Efraim en Manasse en uit Símeon by hulle was; want uit Israel het hulle in menigte na hom oorgeloop toe hulle sien dat die HERE sy God met hom was.

10 En hulle het in Jerusalem byeengekom, in die derde maand van die vyftiende jaar van die regering van Asa,

11 en dieselfde dag aan die HERE geoffer van die buit wat hulle ingebring het, sewe honderd beeste en sewe duisend stuks kleinvee.

12 En hulle het die verbond aangegaan om die HERE, die God van hulle vaders, met hul hele hart en met hul hele siel te soek.

13 En elkeen wat die HERE, die God van Israel, nie soek nie, sou gedood word, klein en groot, manne sowel as vroue.

14 En hulle het vir die HERE gesweer met 'n groot stem en met gejuig en met trompette en basuine.

15 En die hele Juda was verheug oor die eed, want hulle het met hul hele hart gesweer en met hul hele wil Hom gesoek; en Hy het Hom deur hulle laat vind, en die HERE het hulle rus verskaf rondom.

16 Ja, selfs het hy Máäga, die moeder van koning Asa, afgesit as gebiedster, omdat sy 'n afgryslike voorwerp vir Asjéra gemaak het; en Asa het die afgryslike voorwerp omgekap en stukkend gestamp en in die dal Kidron verbrand.

17 Die hoogtes is wel nie uit Israel verwyder nie, maar Asa se hart was volkome al sy dae.

18 En hy het die heilige gawes van sy vader en sy eie heilige gawes in die huis van God ingebring: silwer en goud en allerhande voorwerpe.

19 En daar was geen oorlog tot in die vyf en dertigste jaar van die regering van Asa nie.

<< ← Prev Top Next → >>