Die Bybel, 1 Kronieke, Hoofstuk 15. is available here: https://www.bible.promo/chapters.php?id=10353&pid=15&tid=1&bid=70
Holy Bible project logo icon
FREE OFF-line Bible for Android Get Bible on Google Play QR Code Android Bible

Holy Bible
for Android

is a powerful Bible Reader which has possibility to download different versions of Bible to your Android device.

Bible Verses
for Android

Bible verses includes the best bible quotes in more than 35 languages

Pear Bible KJV
for Android

is an amazing mobile version of King James Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible BBE
for Android

is an amazing mobile version of Bible in Basic English that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible ASV
for Android

is an amazing mobile version of American Standard Version Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

BIBLE VERSIONS / Die Bybel / Die Ou Testament / 1 Kronieke

Die Bybel

2 Konings 1 Kronieke 2 Kronieke

Hoofstuk 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29

1 En hy het vir hom huise gebou in die stad van Dawid, en 'n plek reggemaak vir die ark van God en daarvoor 'n tent opgeslaan.

2 Toe sê Dawid: Niemand mag die ark van God dra nie, behalwe die Leviete; want die HERE het hulle uitverkies om die ark van God te dra en om Hom tot in ewigheid te dien.

3 En Dawid het die hele Israel in Jerusalem versamel om die ark van die HERE te bring na sy plek wat hy daarvoor reggemaak het.

4 En Dawid het die seuns van Aäron en die Leviete versamel:

5 van die seuns van Kehat: Uriël, die owerste, en sy broers, honderd en twintig;

6 van die seuns van Merári: Asája, die owerste, en sy broers, twee honderd en twintig;

7 van die seuns van Gersom: Joël, die owerste, en sy broers, honderd en dertig;

8 van die seuns van Elisáfan: Semája, die owerste, en sy broers, twee honderd;

9 van die seuns van Hebron: Éliël, die owerste, en sy broers, tagtig;

10 van die seuns van Ussiël: Amminádab, die owerste, en sy broers, honderd en twaalf.

11 En Dawid het Sadok en Abjatar, die priesters, en die Leviete Uriël, Asája en Joël, Semája en Éliël en Amminádab laat roep

12 en aan hulle gesê: Julle is hoofde van families van die Leviete; heilig julle, julle en jul broers, en bring die ark van die HERE, die God van Israel, op na die plek wat ek daarvoor reggemaak het.

13 Want omdat julle in die begin nie by was nie, het die HERE onse God teen ons uitgebreek, omdat ons Hom nie gesoek het soos dit behoort nie.

14 Daarop het die priesters en die Leviete hulle geheilig om die ark van die HERE, die God van Israel, te gaan haal.

15 En die seuns van die Leviete het die ark van God, soos Moses volgens die woord van die HERE beveel het, op hulle skouers gedra, met die draaghoute op hulle.

16 En Dawid het aan die owerstes van die Leviete gesê om hulle broers, die sangers, op te stel met musiekinstrumente, harpe en siters en simbale, om hulle te laat hoor deur die stem met blydskap te verhef.

17 Die Leviete het toe Heman, die seun van Joël, opgestel, en uit sy broers Asaf, die seun van Berégja; en uit die seuns van Merári, hulle broers, Etan, die seun van Kusája;

18 en saam met hulle hul broers van die tweede rang: Sagaría, en Jasäiël en Semíramot en Jehíël en Unni, Elíab en Benája en Maäséja en Mattítja en Eliféle en Miknéja en Obed-Edom en Jeï-el, die poortwagters;

19 en die sangers Heman, Asaf en Etan om met kopersimbale musiek te maak;

20 en Sagaría en Asiël en Semíramot en Jehíël en Unni en Elíab en Maäséja en Benája met harpe, met sopraanstemme;

21 en Mattítja en Eliféle en Miknéja en Obed-Edom en Jeï-el en Asásja met siters om in die bas leiding te gee.

22 En Kenánja, die owerste van die Leviete, was aangestel oor die vervoer; hy het die vervoer gereël want hy het dit verstaan.

23 En Berégja en Élkana was poortwagters by die ark.

24 En die priesters Sebánja en Jósafat en Netáneël en Amásai en Sagaría en Benája en Eliëser het op die trompette geblaas voor die ark van God uit; en Obed-Edom en Jehía was poortwagters van die ark.

25 Dawid en die oudstes van Israel en die owerstes oor duisend het toe gegaan om die verbondsark van die HERE met vreugde uit die huis van Obed-Edom te gaan haal.

26 En terwyl God die Leviete help wat die verbondsark van die HERE dra, het hulle sewe bulle en sewe ramme geoffer.

27 En Dawid het 'n mantel van fyn linne aangehad, ook al die Leviete wat die ark gedra het, en die sangers en Kenánja, die owerste oor die voordrag van die sangers; en Dawid het 'n linneskouerkleed aangehad.

28 En die hele Israel het die verbondsark van die HERE gaan haal met gejuig en basuingeklank en met trompette en simbale, onderwyl hulle musiek maak op harpe en siters.

29 Toe die verbondsark van die HERE by die stad van Dawid kom, kyk Migal, die dogter van Saul, deur die venster uit en sien koning Dawid dans en speel, en sy het hom in haar hart verag.

<< ← Prev Top Next → >>