Die Bybel, Josua, Hoofstuk 12. is available here: https://www.bible.promo/chapters.php?id=10199&pid=8&tid=1&bid=70
Holy Bible project logo icon
FREE OFF-line Bible for Android Get Bible on Google Play QR Code Android Bible

Holy Bible
for Android

is a powerful Bible Reader which has possibility to download different versions of Bible to your Android device.

Bible Verses
for Android

Bible verses includes the best bible quotes in more than 35 languages

Pear Bible KJV
for Android

is an amazing mobile version of King James Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible BBE
for Android

is an amazing mobile version of Bible in Basic English that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible ASV
for Android

is an amazing mobile version of American Standard Version Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

BIBLE VERSIONS / Die Bybel / Die Ou Testament / Josua

Die Bybel

Deuteronomium Josua Rigters

Hoofstuk 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24

1 En dit is die konings van die land wat die kinders van Israel verslaan en wie se land hulle in besit geneem het oos van die Jordaan, teen sonop; van die Arnonrivier af tot by die berg Hermon, en die hele Vlakte teen die ooste:

2 Sihon, die koning van die Amoriete wat in Hesbon gewoon het, wat geheers het van Aroër af wat aan die kant van die Arnonrivier lê: van die middel van die rivier af en oor die helfte van Gílead tot by die Jabbokrivier, die grens van die kinders van Ammon;

3 en oor die Vlakte tot by die Kínnerotsee, na die ooste toe, en tot by die See van die Vlakte, die Soutsee, oostelik in die rigting van Bet-Hajésimot en teen die suide onderaan die hange van Pisga;

4 en die grondgebied van Og, die koning van Basan, uit 'n oorblyfsel van die Refaïete, wat in Astarot en Edréï gewoon het,

5 en wat geheers het oor die gebergte Hermon en oor Salka en oor die hele Basan tot by die grens van die Gesuriete en die Maägatiete, en tot die helfte van Gílead, die grondgebied van Sihon, die koning van Hesbon.

6 Moses, die kneg van die HERE, en die kinders van Israel het hulle verslaan; en Moses, die kneg van die HERE, het dit as 'n besitting gegee aan die Rubeniete en die Gadiete en die halwe stam van Manasse.

7 En dit is die konings van die land wat Josua en die kinders van Israel verslaan het, duskant die Jordaan na die weste toe: van Baäl-Gad in die laagte van die Líbanon af tot by die Kaal Berg wat oploop na Seïr toe; en Josua het dit as 'n besitting aan die stamme van Israel gegee volgens hulle afdelings--

8 op die Gebergte en in die Laeveld en in die Vlakte en aan die hange en in die woestyn en in die Suidland: die Hetiete, Amoriete en Kanaäniete, die Feresiete, Hewiete en Jebusiete:

9 die koning van Jérigo, een; die koning van Ai wat langsaan Bet-el lê, een;

10 die koning van Jerusalem, een; die koning van Hebron, een;

11 die koning van Jarmut, een; die koning van Lagis, een;

12 die koning van Eglon, een; die koning van Geser, een;

13 die koning van Debir, een; die koning van Geder, een;

14 die koning van Horma, een; die koning van Arad, een;

15 die koning van Libna, een; die koning van Adúllam, een;

16 die koning van Makkéda, een; die koning van Bet-el, een;

17 die koning van Tappúag, een; die koning van Hefer, een;

18 die koning van Afek, een; die koning van Lassáron, een;

19 die koning van Madon, een; die koning van Hasor, een;

20 die koning van Simron-Meron, een; die koning van Agsaf, een;

21 die koning van Táänag, een; die koning van Megíddo, een;

22 die koning van Kedes, een; die koning van Jókneam, by die Karmel, een;

23 die koning van Dor, op die hoëveld van Dor, een; die koning van die heidene by Gilgal, een;

24 die koning van Tirsa, een--al die konings saam, een en dertig.

<< ← Prev Top Next → >>